|
|
Belangrik: lees asb die reëls. Boodskappe wat nie by die reëls hou nie mag verwyder word.
| yes yes |
| deur Kali, 27 Januarie 2012, 08:34:29 |
|
So ja mense, die jaar is sterk opdreef. Sover nie vars klagtes nie. Het die nuwe jaar met n slag afgesluit en toe sommer met die selfde slag die nuwe jaar ingeval. Het natuurlik die bure in oproer gehad,self oom Hompie het iets te se gehad. Dinge het so verloop. Suzi het besluit dat die nuwe jaar by hulle ingvier moet word. So vroeg al is ek uit die bed geruk,sonder koffie, en my lyf gesleep na die kar en dinge gepak. Eers het ek nie plek gehad vir alles nie, en na sy die kas bier en dop geskuif het,kon ons die res inkry. Wel die vuur brand en die langarmpie skuif nader om saam met die short ene te staan. Ek het lank terug n ding gekoop, iets wat vandag heel onwettig is, iets so 3 cm korter is as n stuk dinamiet. Bietjie dikker as n bottel branna se nek. Toe die tyd stap, besluit ek om die ding te light. Gelukkig was die bure nie almal daar nie. Bakkies is opgewonde want vroeg al skiet die mense rockets en dinge en die hond pie so bietjies bietjies as jy hom roep, niks van onder die bed le en bewe en masiewe plas maak nie.bakkies taan die draad en kyk met sy uitpeul oe na die dinge en wil sterf so opgewonde is hy. Toe ek en aaanstaande swaer die ding buite toe vat is hy byne buite sy vel van opgewondenheid. Toe hy die spark sien is die ore ook sommer in daai rigting. Toe ding ontplof, is dit soos n bom, die ore slaan toe. die lugdruk is anders. so in die harwar storm bakkies verby, met iets wat buite sy strt hang. Hy vat kortpad huistoe, deur die blomme, oor die trappe.Toe ek terug kyk sien ek hom so sideways die kombuis benader met spoed. Toe dinge poklaar en die rook is weg, begin die skade bepaaling. nie dat ek iets gesien het nie, maar mens kry mos daai gevoel.Die timing was perfek, toe die klok 12 slaan. Dis die tyd dat die oumense mekaar sterte toewens, Suzi het die sjampyn uitgehaal en tanie Miems het die glas se steel afgedruk, oom hompie het sy glas leeg geskud. Suzi het amper my lippe afgekou. Toe kom die asems terug. Tanie Miems staan met n gebreekte glas, oom Hompie se glas is leeg, Albert is verbaas, Suzie is moerig. Die buurt is wakker.Bakkies is onder die groente kas.Die kar en sommige huise se alarm skree. Nou hoe verdiudelik mens dit? Wel later, heelwat later, toe is dinge weer amper normaal. Oom Hompie verduidelik dat ek dalk net die mense beter moes inlig. Dit was n geweldige slag. Hy het toe gevra of ek nog het, Tanie Miems het net so na my gekyk en daai kyk was genoeg om my kop soos daai tiere wat jare terug agter in die karre se vensters was te skud. Ek het amper gevra of al die onderklere nog skoon is, maar het daar teen besluit. So mense, die nuwe jaar le voor, dinge kan dalk net beter word. Sterkte en geniet. Hou links en toet om die draaie...
|
|
|
| Vrydag |
| deur johann, 27 Januarie 2012, 00:18:05 |
|
. . .die week is verby en so ook Januarie en hier is niemand om mee te gesels nie, en ek het my lees bril by die huis vergeet en nou kan ek nie sien wat ek tik nie. Nou kom 'n vrou met my gesels en vertel van die besering wat sy opgedoen het met 'n onkruid wat sy geisteraand wou uittrek en toe steek die doring haar in haar duim en sy kon nie die "stok" self uittrek nie en haar pa kan nie sien nie en sy sukkel met haar linkerhand wat onbeholpe is. Nou kan sy nie die kinders aantrek of koffie maak en sy het rosyntjies ge-"moesh" oordat die trek en op haar beseering geplak. Toe vertel sy van haar dogtertjie wie se hare "verkeerd" gesny is deur die haarkapster en omm nou te kompenseer vir die hare wou sy of iemand vir haar dogterjie oorbelle aan sit en toe kom die vraag op of daar so iets sos groot en klein sonde is en as mens moord pleeg is ons geneig om te dink dit is 'n groot sonde en om 'n wit leuntjie te vertel is 'n klein sonde en en iemand ander brei uit oor die vlakke in die "hel" waar die sondaar met gelyke sonde beland byemkaar of op dieselfde vlak en mens se liggaam is die "tempel" van God en jy kan nou nie gaaitjeis inskiet en is "tatoos" nou 'n skending van die tempel en as daar nou nie groot of klein sondes is nie dan is die ontsiering nou gelykstaande aan moord en 'n mens het verantwoordelikheid teenoor jou kinders to hulle 18 jaar oud is dan is hulle op hul eie en sal jy dan self voor god verantwoording moet doen vir jou eie keuses, maar tot dan sal die ouers voor die groot oordeel moet staan en verduidelik heokom hulle die kind se tempel geskend het. Ek wou toe sê dat die oplossing vir jou delemma lê seker om te bepaal wat sonde nou weer is want die hele storie klink vir my asof ek van 'n ander era of planeet kom.
|
|
|
| SOMMER MAAR NET |
| deur Joe4, 26 Januarie 2012, 07:23:57 |
|
Vrou aan haar man: "Al waaror jy kan gesels is seks. Seks, seks, seks. Probeer vir 'n slag oor iets anders praat. Praat bietjie oor die weer." Hy: OK. Wanneer doen ons dir weer?" 
|
|
|
| Maandag |
| deur johann, 23 Januarie 2012, 01:46:13 |
|
. . . Ons het die heel geweldigste weerlig en donner weer gehad die naweek en sonder eskom se eletrisiteit gesit en dit het my laat wonder hoe is dit dan moontlik vir die mens om die buitenste ruimte te ondek en hulle kan nie 'n weerlig vang nie? Ek verstaan dat weerlig 'n elektrisielading is wat veroorsaak word deur elektrone wat deur wrywing en die gemaal van die wind op 'n hoop gejaag word en die positiewe en negatiewe ladings veroorsaak en dan om die ladings te balanseer skiet daar 'n vonk uit wat nogal baie sterk is tussen die ladings wat eintlik uit elketrone bestaan - of wat? - maar hoekom dit 'n vonk maak sal ek nie weet nie, en hoekom die vonk 'n lig maak weet ek ook nie, is hier nie iemand wat die denamiek van weerlig verstaan en kan verduidelik nie. Dis iets wat ons mee saamleef en ek verbaas my dat ek so min van dit weet. . . ek is seker om een weerlig te "vang" sal genoeg elektrisiteit gee vir eskom en tonne steenkool spaar.
|
|
|
| Mense |
| deur Glimlag, 22 Januarie 2012, 07:03:27 |
|
Wolke is soos mense: as sommige van hulle verdwyn, is die dag sommer helder. Wonder julle nie soms oor die woorde op toilet papier: 100% recycled. 
|
|
|
| Hello almal |
| deur johann, 22 Januarie 2012, 04:33:03 |
|
... die jaar loop en die tyd gaan verby, ek kan darem sê dat ek die voorreg gehad het om see toe te gaan die vakansie, Hart en bos nogal, en deur die karoo soontoe. Ek was verras, die karoo het my die gevoel van spasie en stilte gegee wat my laat verstaan hoekom so baie mense so hunker daarnatoe. En Hart en bos het ek so lanklaas gesien dat ek nie meer kon onthou of ek al ooit daar was nie, maar is die strande lekker, heerlike weer, heerlike branders en as die brander so aankom en breek sien jy net arms en bene en koppe van die valies wat nou probeer branders ry en as jy agter die branders rond dryf en terug kyk op die massa gesigte vol verwagting en verskrikking vir die volgende brander dan voel jy of jy tussen jou eie mense is. " Hier kom hy!" tot die kinders gee uitroep daaraan. Geen wonder die lot spot met "Oranje on see" nie, want dis net Afrikaans en as daar so hier en daar 'n volksvreemde rondbeweeg herrinder dit jou net aan die diefstal verneukery en die gevlekte nuwe SA. . . Selfs een nag op die strand gaan slaap, was bietjie onrustig met al die moordenaars en diewe wat in die nagte rondsluip, of miskien is die koerante net vol sensasionele berigte om die keiser te voed met tjieng wat dié toekom. Hierdie is sommer ook net 'n toetslopie om te sien of ek weer terug kan kom op die internet, so ek weet nie of dit gaan werk nie, maar ja ek hoop ek kan weer terug wees. . .
|
|
|
| Ek lewe........ |
| deur OUKAAS, 20 Januarie 2012, 07:00:04 |
|
gemaak om na alkohol te strewe,of hoe gaan daai een nou weer? Hoe ookal ek het net gou kom inloer om te sien of iemand nog hier rond griffel. Lelie,die klub hou my nou vrek besig,ek het ook die bedrywighede met die antipoaching afgeskaal en die jonger manne kans gegee.Sal laat weet as ek uit my tronk kan kom.Kry nie eers tyd om op vleisbroek te loer nie. Joe,ek lewe!
|
|
|
| Vroegoggend |
| deur karee, 9 Januarie 2012, 17:42:07 |
|
Ek kon vanoggend vroeg nie weer aan die slaap raak nie en besluit toe maar om so bietjie by Koeksister te kom inloer. Ja, die webblad is alweer lekker stil, maar ek glo soos die manne die vakansie se luilekkerte afgeskut het sal ons weer lekker gesels. Laat dit sommige van julle koeksisters se nuwejaarsvoorneme wees om meer hier te kom inloer en te groet met 'n puttige gesegde. Van jou naweek se partytjiestories tot die meer ernstige sake wat tans in ons land aan die broei is. Ek hoop nou net nie Eskom kom knip ons geselsies te veel kort met hulle praatjies van kragonderbrekings wat dalk vir ons wag nie. Hulle is glo besig om instandhoudingswerk te doen en terselfdetyd styg ons kraggebruik soos wat mense weer terugkeer werk toe en fabrieke en myne weer oopmaak. Wie onthou nog die begin van 2008? Dit het gesuig. Ek weet dit is al bietjie laat, maar ek wil tog van die geleentheid gebruik maak om al julle lesers en deelnemers hier by Koeksister 'n voorspoedige 2012 toe te wens.
|
|
|
| EK IS SEKER -JA BAIE, BAIE BLERRIE SEKER DAT........ |
| deur Joe4, 8 Januarie 2012, 07:12:35 |
|
..... baie van die tientalle voormalige Koekenaars so "once in a blue moon" vinnig hier inteken net om te sien wat nog hier aangaan en dan weer net so vinnig verdwyn. Ag ASSEBLIEF, as julle dit weer doen skryf net vinnig 'n reëltjie net om te sê dat jy nog lewe. Dalk kan iemand hier daarop antwoord en jy kan weer antwoord ens ens en so kan ons weer kontak maak, of selfs behou. Demmit hierdie Koek was op 'n stadium darem 'n baie lekker plek. Hier was bekgevegte wat in die kiem gesmoor is en baie lekker en goedige "gevegte". Baie mense is deur onsmaaklike karakters hier weggedryf maar diesulkes sien nou sommer gou hulle gatte en oorleef net 'n paar uur. Ek wil nou nie voormaliges se name noem nie want netnou los ek dalk iemand se naam uit. Komaan mense laat ons weer van julle hoor. Terloops; hulle sê "as jy iets in die lewe wil bereik moet jy jou sokkies optrek of jou pantie aftrek...maar buk sal jy buk" Sorrie, sallie werie. Joe
|
|
|
| Mag die Kersgety...................... |
| deur Joe4, 19 Desember 2011, 08:18:31 |
|
...........geseënd en vreugdevol en die Nuwejaar gesond, gelukkig en suksesvol wees. Joe
|
|
|
Skryf jou eie storie...
|
Onlangse besoekers: Anoniem Kom klets saam met ons!
| Ouer Voorblad Artikels |
Vrydag, 16 Des:
Ja wat (Kali)
Maandag, 5 Des:
Ello!! (Lelie)
Saterdag, 3 Des:
Ek sien (stalin)
Donderdag, 1 Des:
Ag hoe lekker.................. (Joe4)
Nog 'n Wêreld Einde op hande (John Pines)
Sondag, 27 Nov:
Ek dink (Kali)
Woensdag, 23 Nov:
MOSES "TACKLE" VIR FARAO (Joe4)
Dinsdag, 22 Nov:
Ou koek... (Sus Koek)
Hallo almal! (Tokolosie)
Warm of Koud? (phantom)
Maandag, 21 Nov:
Hellooooo!! (Lelie)
Saterdag, 19 Nov:
nou wat nou (kapteinsardyn)
Maandag, 14 Nov:
Vuisgeveg (duvlen02)
Saterdag, 12 Nov:
Ek dink ek het 'n vriendin! (Sus Koek)
Meer...
|
|