logo
Mooi en Goed en Reg

H E L P ! ! ! !
deur P_imp, 14 Januarie 2010, 22:27:20

Groot asseblief, ek het dringend hulp nodig! Elke keer wanneer ek my hartpilletjies by die apteek gaan koop maak die wulpse dametjie, agter die toonbank, onwelvoeglike voorstelle aan my!

Ek het haar by my pastoor gaan rapporteer, en hy se ek moet haar adres kry, sodat hy gereelde huisbesoek daar kan doen. Maar ek is te bang om haar te vra!

En die local sersant, na ek my lot by hom bekla het, se sodra hy die crime vawe onner beheer het sal hy haar doelbewus met sy knuppel gaan roer.

Asseblief, liewe vriende, so kan dinge nie aangaan nie! Help, asseblief!

Lewer kommentaar

Gaan terug na die voorblad.

Kommentaar:

arme pimpie
deur rolbos, 2010-01-15 01:09:42

jy moet ONGELOOFLIK aantreklik wees...sit 'n plaatjie aan die goue ketting om jou nek : ''Sorry, I'm taken''. Hopelik sal al die desperate tannies wat jou lyf soek dit raaksien, en jou los. Anders sal t-shirts met gepaste slogans ook werk. Met jou verbeelding behoort jy goeie slogans te kan uitdink.

Anders moet jy maar plastiese sjirurgie oorweeg om jou ietjie minder aantreklik te maak, want enige mens kan sien dat al die aandag jou baie erg ontstel. Ek stel voor moenie wag nie, maak werk daarvan. 'n Mens se sanilty is tog veel meer werd as jou looks, of hoe.

Sterkte.

Lewer kommentaar

Onlangse besoekers:

  • Anoniem

    Kom klets saam met ons!

    Teken in
    Naam:
    Paswoord:
     
    Join die klub!
    Password vergeet?
    Benodig aktiveringskode?

    Artikels
    Soek artikel:
     
    Skryf 'n artikel

    Verwyderde Boodskappe
    Wie skryf die meeste?

    Ouer Voorblad Artikels
    Woensdag, 1 Sep:
    In die wagkamer van ICU (rolbos)
    DJ Ossewa (jeanetteb)

    Dinsdag, 31 Aug:
    Vadersdag (sprokies)

    Maandag, 30 Aug:
    buurman (jeanetteb)
    Maandag (johann)

    Saterdag, 28 Aug:
    Sabbatdag (johann)

    Vrydag, 27 Aug:
    Haai oe! (loli)

    Donderdag, 26 Aug:
    Vry dag! (johann)
    grappie (tone001)

    Woensdag, 25 Aug:
    Kennis v goed en kwaad? (johann)
    Will Durant het gesê: (krabbel)
    Doodse stilte (Lydia)

    Maandag, 23 Aug:
    Is daar dalk (johann)

    Sondag, 22 Aug:
    Wyse woorde (DaisyD)
    Hoe onderskei en hanteer (Lydia)
    hoekom (tone001)

    Vrydag, 20 Aug:
    Vrydae (Lydia)

    Woensdag, 18 Aug:
    Hoes (Oom_Jan)
    Tipies dogtertjie (Lydia)

    Meer...

    Meningspeiling
    Is dit...

    (219)67%
    (82)25%
    (24)7%

    Links
    Privaatheidsbeleid
    Musiek
    Nuus
    Reëls

  • kopiereg 2000-2010 wetenskapklub 356997 besoeke sedert 2001.01.01 Laas verander op 2010.05.17