|
|
| ag nee!!! |
| deur rolbos, 19 Januarie 2010, 23:09:59 |
|
Is hier dan nou rerig niemand meer nie??? Daisy, Kali, Gert, Scorpio, Hunter, Johannes, Miena, Lelie, Bielie, Oukaas, Blertsie, Joe(?), Sleepandgo, Pompie, Oom Jan, ag, ek onthou nie eers meer die name nie...Het niemand dan iets te se nie??? EK WILLIE KOEBAAI se nie, kom tog terug, praat maar stront, vat die baklei soos 'n man, en kom weer!!!
|
|
|
Gaan terug na die voorblad. Kommentaar:
| Hi Rollie |
| deur Joe4, 2010-01-19 23:47:27 |
|
Hoekom sit jy 'n vraagteken agter my naam? Dankie dat jy nog hier vasbyt. Joe
|
|
|
| (?) |
| deur rolbos, 2010-01-20 02:14:38 |
|
...want ek't vergeet Joe-hoeveel jy is. Wassie seker of dit 4 of 5 is nie!! Wat kan ons doen om weer lewe hier te kry? Is dit rerig Johannes wat die mense weggejaag het, of kom dit van Prof se dae af? Of is dit soos Oom Jan se, Facebook wat oorneem? Groete...
|
|
|
| Hahaha |
| deur Joe4, 2010-01-20 03:20:58 |
|
Ja jong ek is al so gatvol vir al die nommers wat ek gehad het. Soveel keer het ek al afgeval en moes elke keer nuut inteken. Ek probeer nou al hoe lank om vir Gert in die hande te kry, maar verniet. Ek dink die probleem het by Prof begin en toe het die ous al ander geselsplek begin soek. Johannes het dalk so 'n deeltjie bygedra en nou is dit die blerrie Face Book. Ek stel glad nie daarin belang nie. Miskien moet ons maar op elkeen wat iets hier skryf antwoord om hom/haar sodoende hier besig te hou en dat hulle weer skryf. Ek is nou al 7 jaar op Koek en dit was voorheen 'n fantastiese lekker gesels plek. Ons moet die mense maar weer oor en oor nooi om weer te kom. Kom ons kyk wat gebeur. Lekker bly Joe4
|
|
|
Gaan terug na die voorblad.
| Hi Joe |
| deur rolbos, 2010-01-21 01:01:35 |
|
Ek het n idee ons moet vergeet van Gert... hy stel nie meer belang in Koeksuster nie. Seker ander meer belangrike dinge. Wat my aanbetref, doen jy n goeie werk om dinge redelik beskaafd te hou. Natuurlik wil n mens nie n onnatuurlike atmosfeer he nie, en n mens mag darem seker skryf soos jy praat, dis maar net die blatante vieslikhede wat ons nie nodig het nie, en dit het jy tot dusver goed beheer. So, ek dink doe so voort, Koeksuster sal survive!!! Lank lewe KOEKSUSTER!!!
|
|
|
| ek onthou dae |
| deur BradP, 2010-01-21 11:08:08 |
|
wat dit redelik aktief was hier. Ons het lekker stront gepraat en skoor gesoek tong in die kies. Soms lekker gefaait ook. Mense het belangstelling verloor om verskeie redes. Ek stem saam dat daar nie 'n rede is waarom ons dit nie weer 'n lekker kuierplek kan maak nie. Sukses is afhanklik van bydraes, so moenie net inloer en lees nie, skryf iets. My beskeie bydrae vanaand...........julle sharkies en chieta's se kak begin weer een van die dae.....die blou masjien is op pad om weer te stoomroller! BradP
|
|
|
| blame it on johannes...ja |
| deur johannes_11, 2010-01-21 14:59:37 |
|
iemand moet die skuld kry....!

|
|
|
| ja wel.... |
| deur Kali, 2010-01-25 02:58:31 |
|
Ek hoop ons kan die koek weer n swissroll maak en laat rol.... Dis oor die mense hulle holle opruk as iemand iets verkeerd se, inplaas van om te stry. Maar nou stry hulle ook nie lekker nie en dan raak hulle persoonlik, en dis nie lekker nie. miskien moet ons uitvind wat van gert geword het. hy was mos baas van die wetenskapklub..... nou wonder ek net. mioskien moet ons n mosie uitroep en dan hopelik sal gert terug kom. Of dalk nog erger, dalk is gert net n naam, en bestaan hy dalk nie as gert nie, maar erder as iemand anders???? maar ek stem, ons moet iets doen om die taal te red.
|
|
|
| ek stel voor |
| deur rolbos, 2010-01-25 05:59:48 |
|
dat ons wat onsselwers nog as koeksusters-broers sien, stem om vir Joe of Kali, of wat van scorpio, die reg om te gee om alleen besluite te neem wat hier gebeur, of nog gaan gebeur. as gert eendag besluit hyt nou genoeg anner dinge gedoen en hy wil terugkom, sal ons almal weer daaroor besluit. duidelik is hy nie nou lus vir ons klomp nie. ek dink ons moet n plan van aksie kry oor hoe ons weer lewe hier gaan kry - wat van n dare? iets soos ek dare jou ek sal elke dag ietsie skryf, of ek dare jou ek ken n beter grap as daai een, of en dare jou ek sal nie banaal raak nie, of ek dare jou ek sal nie weer 21 mei 2011 preek nie, besluit of dit die moeite werd is. of is ek nou kinderagtig? obviously kan elke ou nog steeds skryf wat hy gewoonlik sou wou skryf, geen verpligting nie....en die ou wat uitloose moet petaal!!! al betaal hy met n grap per dag vir 100 dae of so iets stupids. ag, julle ous hier is almal geleerd en slim - dink tog aan iets. joe? wat se jy - jys tog in elk geval hier aan bewind, jy kan elke dag begin met n gedigversie en pompie kan die volgende versie skryf, en jy weer volgende dag die derde een ens so aan...of ons skryf n storie, elkeen skryf n paragraaf, of ons vertel van ons grootste skrik, of so iets. kali se stories oor die uno en suzi is vir my soos n storieboek, ek laaik dit. so, kom ons kom met idees en joe, kali en wie julle ook al dink (ek ken nie baie hier nie)
|
|
|
| vervolg... |
| deur rolbos, 2010-01-25 06:01:37 |
|
besluit daaroor. of is ek nou kinderagtig? natuurlik kan elke ou nog steeds skry wat hulle wil, soos voorheen...
|
|
|
| Jip |
| deur Kali, 2010-01-26 04:54:17 |
|
ja wel ek stem dat iets gedoen moet word. Die beste sal wees as elkeen maar net vinger op die orrel sit en iets tik. al is dit om iemand se moer te strip, alles hou tog maar die blad lewendig. Lank terug het ons alles gehad, van bek gevegte tot resepte, kan net nie ontou of die dames pertone geruil het vir rokke nie, maar dit was moontlik gewees.
|
|
|
Gaan terug na die voorblad.
|
|
Onlangse besoekers: Anoniem Kom klets saam met ons!
| Ouer Voorblad Artikels |
Woensdag, 1 Sep:
In die wagkamer van ICU (rolbos)
DJ Ossewa (jeanetteb)
Dinsdag, 31 Aug:
Vadersdag (sprokies)
Maandag, 30 Aug:
buurman (jeanetteb)
Maandag (johann)
Saterdag, 28 Aug:
Sabbatdag (johann)
Vrydag, 27 Aug:
Haai oe! (loli)
Donderdag, 26 Aug:
Vry dag! (johann)
grappie (tone001)
Woensdag, 25 Aug:
Kennis v goed en kwaad? (johann)
Will Durant het gesê: (krabbel)
Doodse stilte (Lydia)
Maandag, 23 Aug:
Is daar dalk (johann)
Sondag, 22 Aug:
Wyse woorde (DaisyD)
Hoe onderskei en hanteer (Lydia)
hoekom (tone001)
Vrydag, 20 Aug:
Vrydae (Lydia)
Woensdag, 18 Aug:
Hoes (Oom_Jan)
Tipies dogtertjie (Lydia)
Meer...
|
|