logo
Sit nog 'n tjoppie op die kole!

Boeta se briefie plaas toe
deur Kliprand, 21 Januarie 2010, 09:23:06

Boeta is op universiteit en ontmoet ‘n girl wat hy graag aan sy ma-hulle op die plaas wil gaan voorstel.

Boeta is biejtie skamerig vir hoe dinge op die plaas is en skryf toe vir sy pa ‘n brief van ‘n paar dingetjies wat hulle asseblief tog net moet regstel voor hulle gaan kuier.

“Daar is drie dinge wat pa-hulle tog moet regsien voor ek vir Sannie plaas toe kan vat.

Boela is al baie oud en blind en vol vlooie en hy stink. Julle moet asseblief vir Boela uitsit.

Dan, daai buite-toilet moet julle asseblief afbreek. Dit is nou die moderne tyd. Mense het deesdae badkamers met toilette binne-in die huis.

En die laaste ding – daai foto in die voorhuis van waar pa sit en ma staan moet julle asseblief verwyder. Deesdae staan die man en die vrou sit wanneer fotos geneem word.”


Die pa stuur toe die volgende brief terug:
“Boeta, toe jy vyf jaar oud was, toe val jy in die dam en Boela het jou gered. So Boela bly.

Dan, daai buite-toilet is waar ek elke oggend gaan sit en na die boerdery kyk en planne maak en dit is wat jou op die universiteit hou. So die buite-toilet bly.

En laastens. Daai foto van waar pa sit en ma staan is op ons honeymoon geneem. Pa kon nie staan nie en ma kon nie sit nie en dis waar jy vanaf kom” PUNT

Lewer kommentaar

Gaan terug na die voorblad.

Onlangse besoekers:

  • Anoniem

    Kom klets saam met ons!

    Teken in
    Naam:
    Paswoord:
     
    Join die klub!
    Password vergeet?
    Benodig aktiveringskode?

    Artikels
    Soek artikel:
     
    Skryf 'n artikel

    Verwyderde Boodskappe
    Wie skryf die meeste?

    Ouer Voorblad Artikels
    Maandag, 30 Aug:
    buurman (jeanetteb)
    Maandag (johann)

    Saterdag, 28 Aug:
    Sabbatdag (johann)

    Vrydag, 27 Aug:
    Haai oe! (loli)

    Donderdag, 26 Aug:
    Vry dag! (johann)
    grappie (tone001)

    Woensdag, 25 Aug:
    Kennis v goed en kwaad? (johann)
    Will Durant het gesê: (krabbel)
    Doodse stilte (Lydia)

    Maandag, 23 Aug:
    Is daar dalk (johann)

    Sondag, 22 Aug:
    Wyse woorde (DaisyD)
    Hoe onderskei en hanteer (Lydia)
    hoekom (tone001)

    Vrydag, 20 Aug:
    Vrydae (Lydia)

    Woensdag, 18 Aug:
    Hoes (Oom_Jan)
    Tipies dogtertjie (Lydia)

    Dinsdag, 17 Aug:
    Pragtige vrou (Oom_Jan)
    Rolbos (Oom_Jan)
    Lee woorde (Lydia)

    Sondag, 15 Aug:
    My eerste kuiertjie by die koeksistertafel (karee)

    Meer...

    Meningspeiling
    Is dit...

    (219)67%
    (81)25%
    (24)7%

    Links
    Privaatheidsbeleid
    Musiek
    Nuus
    Reëls

  • kopiereg 2000-2010 wetenskapklub 356754 besoeke sedert 2001.01.01 Laas verander op 2010.05.17