|
|
| Ek loose uit... |
| deur rolbos, 21 Januarie 2010, 12:13:21 |
|
Ja, wat - ek wat Rolbossie is, loose altyd uit!! Die dae toe julle almal lekker gekuier het geskinner en gefaait het, was ek net n observer. Noudat ek wil praat, en lees, nou's hier g'n mens nie!! BradP, Hoop ons kry ondersteuning van nog so klompie in die ''Red die Koek'' campaign! Eks net seker iewers is daar nog 'n paar bittereinders wat nog iets (hopelik nog baie) te se het!!! Groete, Rolbos
|
|
|
Gaan terug na die voorblad. Kommentaar:
| red die koek... |
| deur johannes_11, 2010-01-22 00:25:19 |
|
Een ding wat ek nie verstaan nie is dat die grootste bekke oppi koek reken ek praat 'n klomp crap, om nie eers van vryheid van spraak (binne die reels van die koek) te praat nie...? As die koek dan 'n plek is van crap praat, waarom word die meer aktiewe koeke dan gemuilband...? Dit klink my eerder na amper so iets soos 'n koekerige klaende klomp kerkgangers wat sukkel om hul lidmate te kry om hulle 10de te gee. Maar nou ja...21 Mei 2011 is nou net 'n skrale 16 maande ver
|
|
|
| Johannes |
| deur Lydia, 2010-01-22 00:41:40 |
|
Die klem is op "gesels". Dink almal het nou al die boodskap wat jy wil oordra ontvang en gelees en verstaaaaaatttttttt. Nou wil die mense net leka met mekaar chat en so bietjie skoor en daai tipe denge.
|
|
|
| Daai tipe denge... |
| deur johannes_11, 2010-01-22 05:21:55 |
|
Ek weet en wat 'n gepaste onderwerp om lekka te skoor...? Nou sit julle eerder met 'n hopeloos gevrekte koek...of is dit dalk 'n skinderbek sielsieke suster? Die koek is inni hoek... sonder die Boek!
|
|
|
| Nou vertel jy my |
| deur Lydia, 2010-01-25 03:03:20 |
|
HOE moet onse klompie hier gesels en skoor as jy heeltyd die eindtyd onder ons neusietjies invryf? Ons is darm mos nou nie almal sulke idiote dat ons nie kon lees wat jy tot vervelens toe hier geskrywe het nie. Ons is nou goed opgevoed, jy sien selfs ek skryf nou heel ordintlikste hiesso, oor die eindtyd en die datum en die nadele en voordele van jou oortuiginge, laat die koekenaars dan nou toe om hul laaste dae dan ten minste op hulle manier te leef...is dit dan nou nie een van die redes hoekom ons hier op aarde geplaas is nie? Moet ons nou almal swartgallig en in sak en as rondloop omdat die einde volgens Johannes binnekort gaan aanbreek? Ek maak eerder `n verskil in die lewe as om my te bekommer oor die dag van more, ek glo dat selfs in die hemel sal sondaars ook toegelaat word.
|
|
|
Gaan terug na die voorblad.
| Lyk vir my |
| deur Scorpio, 2010-01-23 08:04:49 |
|
Jy versaan nie afrikaans nie. Laat ek dit gou vir jou uitspel - Soos Lydia se, ons het daardie boodskap nou tot vervelens toe gelees, oor en oor en oor, selle ou gesanik komende van die selle ou doem profeet. So die punt is, ons het genoeg gehad, so genoeg dat die meeste mense die plek nog steeds vermy. Vryheid van spraak is nie hier ter sprake nie, dit klink eerder na 'n gestotter van 'n ou grammefoon plaat wat op een plek vasgehaak het. Jy is reeds afgestem 'n paar maande terug, koekom weer probeer ? So ver ek onthou het niemand jou versoek om terug te kom met jou negatiewe snert nie. Jy is welkom hier SONDER jou, "heilig met Bybel onder arm op die straat hoek" houding.
|
|
|
| Red die koek... |
| deur johannes_11, 2010-01-23 22:17:48 |
|
Met dudes soos jy behoort die koek darem te lewe tot en met die begin van Judgment Day op 21 Mei 2011. Die Koek kan darem claim dat hulle die Afrikaanse nuusdraende website/blog is wat heel eerste geweet het, want die koerante is nou besig om dieselfde Eindtydnuus te begin dra. Hier is die link http://www.thedailymaverick.co.za/article/2010-01-11-doomsday-cult-expands-sa-africa-and-beyond Lees ook die vorig twee artikels wat deur dieselfde koerant gepubliseer was. Hier is hulle links http://www.thedailymaverick.co.za/article/2010-01-05-only-501-shopping-days-to-armageddon http://www.thedailymaverick.co.za/article/2010-01-06-doomsday-cultists-warn-the-daily-maverick Mag God elkeen van ons genadig wees. Hoop jy is suksesvol om die koek te help red.
|
|
|
| In |
| deur Scorpio, 2010-01-24 19:06:28 |
|
jou "ek is heilig en almal is sondaars" glo jy nog steeds jou mission in life is om die koek te red. Kom tog net by. Ek het 'n saak met die koek, maar jy is wragtig n pyn in almal hier se agterend. Ons soek nie jou bybel verse nie en nog minder jou stupid links. Dink jy vir een oomblik ek of enige iemand hier lees nie koerante nie ? Ons het dit gesien. (Jy is die enigste een met klappe op jou oge.) Ag nee man Johannes "ou doper" of is dit dopper, hou nou 'n slag op met jou negatiewe strooi. Wyk iewers anders toe doem profeet. Ek is reg vir daardie dag, doen dit net anders as jy, en so ook die res wat hier lees. Wys ons jy kan ook iets skryf wat 'n mens se belangstelling trek. nog nooit iemand so negatief soos jy ontmoet nie. Jou lewe moet een groot hel wees. Klink eerder of jy die een wat bang is vir daardie dag. Wat moet nog gese word dat jy die "boodskap" kry. Klink jy is die enigste een wat daardie laaste dag vrees. Tsk, Tks, Tsk.
|
|
|
Gaan terug na die voorblad.
| ek stem |
| deur rolbos, 2010-01-22 04:16:38 |
|
volmondig met lydia saam. sorry, johannes - jys rerig welkom hier. ons almal weet nou ons is 21 mei 2011 in ons moer. so kom ons gesels lekker stront hier. vertel my hoe oud is jy, jou kinders, waars hulle?, ok oorsee soos myne? wees n mens, nie n doemprofeet nie. weet jy dan nie dat mens nie jou siening op ander mense kan afdwing nie, al wil jy.? so, as jy n gewone mens hier wil wees, sonder jou alewige preke, WELKOM, welkom , welkom...(btw as ons vergeet het wat jy ons al vertel het, ons sal almal na jou history teruggaan indien nodig). glo my, jy sal jou reward kry - jy het hard probeer hier oppie koek, maar dis nou genoeg. so, asb - neem my uitnodiging aan en gesels met ons oor die lewe!!! Groete, Rolbos
|
|
|
|
|
Onlangse besoekers: Anoniem Kom klets saam met ons!
| Ouer Voorblad Artikels |
Woensdag, 1 Sep:
In die wagkamer van ICU (rolbos)
DJ Ossewa (jeanetteb)
Dinsdag, 31 Aug:
Vadersdag (sprokies)
Maandag, 30 Aug:
buurman (jeanetteb)
Maandag (johann)
Saterdag, 28 Aug:
Sabbatdag (johann)
Vrydag, 27 Aug:
Haai oe! (loli)
Donderdag, 26 Aug:
Vry dag! (johann)
grappie (tone001)
Woensdag, 25 Aug:
Kennis v goed en kwaad? (johann)
Will Durant het gesê: (krabbel)
Doodse stilte (Lydia)
Maandag, 23 Aug:
Is daar dalk (johann)
Sondag, 22 Aug:
Wyse woorde (DaisyD)
Hoe onderskei en hanteer (Lydia)
hoekom (tone001)
Vrydag, 20 Aug:
Vrydae (Lydia)
Woensdag, 18 Aug:
Hoes (Oom_Jan)
Tipies dogtertjie (Lydia)
Meer...
|
|