|
|
| dieet of dood-eet? |
| deur rolbos, 23 Januarie 2010, 13:30:56 |
|
Ek lees vandag in die Beeld dat hierdie nuwe (of is dit nie?) dieetmiddel, Simply Slim, glo mense hartprobleme gee... Nou wonder ek maar net, is dit rerig die moeite werd om n mens se gesondheid op die blok te sit, en dit vir n maer lyfie? Kyk, ek moet eerlik wees, ek sou betaal het vir n 25kg gewigsverlies! maar rerig nie ten koste van my gesondheid nie. So, nou probeer ek maar die laevet, low GI tipe dieet. Ek probeer alle suiker uitsny, ens. Eet baie vrugte en gestoomde groente en vis, en so min as moontlik rooivleis. As ek lus het vir ietsie soet, eet ek maar jogurt, of so. Enige eerstehandse tips van koekbesoekers wat dalk al dieselfde paadjie geloop het??? Groete van n moedelose rolbossie.
|
|
|
Gaan terug na die voorblad. Kommentaar:
| Jy |
| deur Scorpio, 2010-01-23 20:45:33 |
|
het die regte attitude. Moet net nie "exercise" mis nie. Sodra jy begin oefen, sal jy meer gesond eet, kop is skoon, ens. Rooivleis is nie so 'n groot sondebok, sny net die vet af voor jy dit gaar maak. Vis en hoender is beter, maar ek sal nooit my rooivleis opgee nie. Droee vrugte help vir die soet tand en is myle beter as yougart. Ek stem saam, pille help vir die een ding, maar bogger 20 ander dinge op.
|
|
|
| probleem is |
| deur rolbos, 2010-01-24 10:32:49 |
|
hettie asem vir oefen nie!! moet nou eers so 10kg of so verloor, sal dan probeer, miskien eers net oppie skudmasjien, dan bietjie loop, dan dalkies bietjie meer oefen, of ietsie soos taibo (Hoe spel mens dit?) Intussen is dit rerig moeilik - ek't vanmiddag met die middagkoffie per ongeluk weer overboard gegaan met die krismiskoekies wat nog oor is!! Maar hou maar duimvas, try gaan ek try!!!
|
|
|
Gaan terug na die voorblad.
| Ag nee man!!!!!!!!!!!! |
| deur BIELIE, 2010-01-24 04:42:25 |
|
Ek is seker mense hou van jou net soos jy is! As jy iets wil doen werk die volgende broeklax! Speel net. Kleiner porsies, baie water en oefening. Jy sal vind dat met al die ander hulp middels die gewig terug kom na die tyd. Maar as n mens leer om water te drink en kleiner porsies te eet dit beter werk. Sterkte.
|
|
|
| Boooorrrinnngggggg!!!!!!!!! |
| deur krabbel, 2010-01-24 05:04:03 |
|
Jis hoe kan jy nou van my verwag ek moet klein porsies eet assie pizza met agt stukke kom? En wie drink water saam met skaaptjops? En oefen oppi vol maag na 'n halwe peppermint crisptert is gevaarlik!!
|
|
|
| Hahaha ............ |
| deur BIELIE, 2010-01-25 19:48:29 |
|
Geen wonder daai tieties hang so nie........!
|
|
|
Gaan terug na die voorblad.
|
|
Onlangse besoekers: Anoniem Kom klets saam met ons!
| Ouer Voorblad Artikels |
Woensdag, 1 Sep:
In die wagkamer van ICU (rolbos)
DJ Ossewa (jeanetteb)
Dinsdag, 31 Aug:
Vadersdag (sprokies)
Maandag, 30 Aug:
buurman (jeanetteb)
Maandag (johann)
Saterdag, 28 Aug:
Sabbatdag (johann)
Vrydag, 27 Aug:
Haai oe! (loli)
Donderdag, 26 Aug:
Vry dag! (johann)
grappie (tone001)
Woensdag, 25 Aug:
Kennis v goed en kwaad? (johann)
Will Durant het gesê: (krabbel)
Doodse stilte (Lydia)
Maandag, 23 Aug:
Is daar dalk (johann)
Sondag, 22 Aug:
Wyse woorde (DaisyD)
Hoe onderskei en hanteer (Lydia)
hoekom (tone001)
Vrydag, 20 Aug:
Vrydae (Lydia)
Woensdag, 18 Aug:
Hoes (Oom_Jan)
Tipies dogtertjie (Lydia)
Meer...
|
|