...en ek besef nou n mens kry mense soos jehaansie 11 wat glo met sy ewige gesanik oor sssjjjuuuutttt ''julle weet wat'' sal hy mense bekeer en dan hopelik sal sy loon eendag beter wees as die anner ouens wat minner gedoen het as hy. so sal hy eendag kan spog en se ''ek het tog 10,000 siele waaronder 100 kommin koeksusters was, tot die groot openbaring gelei. ek dink ek kort n beter plekkie innie hemel, want ek het darem baie bollie gehad mettie kommin lot van koeksuster!!!''
en dan kry jy mense soos my geliefde husbandjie wat KNOFFEL HAAT!!! met n passie hoor. en hy sal ook alewig mense probeer vertel as hy wil stink, skyt hy in sy broek en sukke stories, maar tot heden vandag, na 21 jaar getroude lewe, weet ek nie van EEN persoon wat knoffel eet wat deur hom bekeer is nie!!! inteendeel, dis nou al n familiegrap...
selle met my, ek LIEF harry potter boeke, laaik ou stevie my skat met al sy kinners, hou gladnie van ena murruy nie, maar love griet skryf n sprokie en die wat daarop volg! en ook tot hede toe, nog niemand oorgehaal om presies dieselle te laaik as ek nie.
so, my gevolgtrekking is: se jou se, laat anner mense weet wat jy laaik en wat nie, eet wat jy wil, los anner mense om te eet wat hulle wil. glo wat jy glo, moenie anner mense probeer oortuig van wat JY glo nie, stel grense aan jou kinders, laat hulle besef wat daai grense is, maar moenie hulle lewens probeer leef vir hulle nie. as daai grensdraad oorgeklim word, probeer maar weer terughelp na jou beste vermoe, maar jy sal nie sy lewe vir hom kan lei nie.
groete van n ''diepdenkende'' rolbossie