hey hey wat se julle? Hier nie veel nuus nie.Ek het groot skade met die UNO. Suzie het eendag gekla die Uno is nie lekker nie, hy maak snaaks. toe ek vir die uno vertel hy moet ophou snaaks maak en ernstig maak toe is dit nie goed nie. Wel ja ek weet.Ek moes seker nooit ingstem het dat sy die krag kon voel nie.Maar mens is mos jonk en soms stupid. Sy het gekla die cluch is nie lekker nie. Nou ek weet hoe om die kar tery, elke keer dat ek die wiele vat, dan loop sy soos n droom. Nou toe moes sy een oggend vroeg ry en die Uno se sleutels le op die rak en daar trek sy. Bel my later, hoogs ontsteld. Die kar is stukkend. Nou vra ek wat is fout.Nou ek moet erken dit was fataal om so te vra. Dis soos om my te vra wat dink van kwantum fisika. Ja dis reg, boggerol. Nou die storie is dat die Uno staan en sy kry hom nie in gear nie, en niks werk nie en alles le op die grand onder die Uno en alles hang onder die Uno.Erste wat ek aan dink is PAVEMENT, dis mos n ding wat mense lok. Gelukkig is dit toe nie die pavement nie. Nou is di Uno ingesleep, en ek wag om te hoor wat is die skade, ongelukkig maak hulle nie meer die Uno nie, en die bushes op die links na die gearbox is uitgewerk. groot skade mense, groot skade. Nou wil ek sommer die TV en al die remotes wegsteek, netnou le my Tv ook op die mat. My worrie is net of sal ek die Uno weer op die pad kry voor die grandprix begin. Miskien moet ek kyk watse ander gearboxe kan ek maak pas op die Uno. So mense ek sien daar is dinge keskryf dat ons getalle aan die minder raak, miskien moet ons n ernstige bosberaad hou en tot n slotsom kom. geniet die dag verder.