|
|
| Diere regte |
| deur Diepseun, 25 Januarie 2010, 16:59:02 |
|
hoekom eet ons varke maar nie honde nie? as varke slimmer is as honde? wat beteken dit om diere dood te maak op 'n menswaardige manier? ("it should be killed in a humane way"?) Dink julle diere het siele? Dink julle mense het siele? Dink julle mense is diere? Dink julle die here het dierjies gemaak vir ons om te eet? dink julle daar is oorlog - en ons jag die diere, produseer hulle in fabrieke op grootmaat ("plase" sodat ons hulle kan ingesteer? en wat gebeur in julle secret hearts as julle so lekker ou vleisie eet - diere vlees: met al sy sappe? het diere regte? het mense regte?
|
|
|
Gaan terug na die voorblad. Kommentaar:
| Gee nie om nie ........... |
| deur BIELIE, 2010-01-25 19:51:30 |
|
Terwyl hulle lekker smaak sal ek hulle eet !
|
|
|
| my staffie |
| deur rolbos, 2010-01-26 03:00:47 |
|
en my afr grey het beslis siele. ek sal hulle ok nooit eet nie. ek dink die lewe is so uitgewerk dat n mens maar kan vleis eet. dis hoekom proteine nodig en goed is, en waar kry jy lekkerder en beter bron van proteine as in vleis. ek dink nie daar is n humane manier om diere wat ge-eet gaan word, dood te maak nie, maar daar is ONMENSLIKE maniere om hulle dood te maak, wel... ek dink ook as n mens by slagpale, ens gaan staan en kyk sal die vleislus vir n hele rukkie verdwyn. maar wat, een se dood...
|
|
|
| hey hey |
| deur Kali, 2010-01-26 05:07:44 |
|
Wat is dit nou met al die diep vrae??? Ek weet nie of diere siele het nie, miskien sal dit goed wees as hulle nie het nie. dink nou net as ek eendag by die goue poorte staan en hier kom bakkies aangdraf, dis mos Suzie se ma se hond. en hy kyk my so en onthou al die dinge wat ek hom aangedoen het? maar kos is kos, en arm man het nie size nie. en dan praat jy van vleis, met die huidige ekonomiese toestand, weet ek nie meer hoe vleis proe nie. kan wel vertel van die verskillende soorte boeliebief en soya produkte. hier is n lekker resep vir n braai. vat een hele bees fillet, dan vat jy n poker, daai ysters wat so ronde punt het en lank is. dan druk jy n gat in die lengte van die fillet in, amper tot ander kant, dan vat jy murg bene, en kook tot die murg sag is, meng met sout en peper, en nog spaaises as jy wil. smeer so bietjie botter om die fillet en draai toe in sinkplaat pampier en braai tot gaar, die laste minute kan jy die sinkplaat pampier afhaal en net so kleurtjie gee op die kole. ek dink nogal baaie aan die kos wat ek eet, is dit gesond, hoeveel newtons en kilojoels en daai goed het dit gevat om dit so perfek te sny.....oja, en dan nog, as ek nog bene gehad het soos die skaap,wat se ribbetjie ek nou so afeet dat die sous so spat, dan sou dit mos makliker gewees het om die Uno te bestuur...... lekker tjoppie is die son gooi.
|
|
|
|
|
Onlangse besoekers: Anoniem Kom klets saam met ons!
| Ouer Voorblad Artikels |
Woensdag, 1 Sep:
In die wagkamer van ICU (rolbos)
DJ Ossewa (jeanetteb)
Dinsdag, 31 Aug:
Vadersdag (sprokies)
Maandag, 30 Aug:
buurman (jeanetteb)
Maandag (johann)
Saterdag, 28 Aug:
Sabbatdag (johann)
Vrydag, 27 Aug:
Haai oe! (loli)
Donderdag, 26 Aug:
Vry dag! (johann)
grappie (tone001)
Woensdag, 25 Aug:
Kennis v goed en kwaad? (johann)
Will Durant het gesê: (krabbel)
Doodse stilte (Lydia)
Maandag, 23 Aug:
Is daar dalk (johann)
Sondag, 22 Aug:
Wyse woorde (DaisyD)
Hoe onderskei en hanteer (Lydia)
hoekom (tone001)
Vrydag, 20 Aug:
Vrydae (Lydia)
Woensdag, 18 Aug:
Hoes (Oom_Jan)
Tipies dogtertjie (Lydia)
Meer...
|
|