Stilte is daar weer in Dometter se council house. Doodse stilte. Want Grommet sy Hond - Sy Pal van 15 Jaar is dood. Gone. Weg.
"'n Hond", sal mense sê. "Dis net 'n Hond", maar SY GROMMET was meer - touched by the Gods - 'n mens se siel vasgevang in 'n dier se body. Het hom tot laat glo in reinkernasie. "Dit moet waar wees" het hy gedink, die dag toe Grommet sy vingers kom lek het - die dag toe hy wat Dometter is se Ma dood is op onuitspraakbare wyse, en hy wat Dometter is so skaam en hartseer en verward was dat hy vir niemand wou sê nie, dit nie eers vir homself wou erken nie.
Maar Grommet het geweet...Hoe, weet hy nie - dis 'n MIRAKEL: iets wat net jou beste vriend kan weet. 2 Siele in een liggaam, Hy en Grommet. 15 jaar saam. Goeie oomblikke was daar baie: ou Grommet en Hy - saam het hulle Dagga gerook, hy aktief en ou Grommet passief, en dan, as hulle altwee lekker high is, was dit TUIN TOE vir 'n PIS. Daars niks soos 'n lekker BOERE PIS in die middel van die nag nie, terwyl die sterre so lekker om jou kop draai, en ou Grommet vang 'n veltie in die velt. Hulle het alles gedeel, die lief en die leed. Tot 'n bed het hulle gedeel.
En nou: is Grommet weg. En Dometter sit verstar in die stilte - voel hoe die verloop van tyd op hom neer forseer, voel hoe tyd, en die wereld hom ignoreer. Op die einde is hy tog maar 'n nobody, a nothing, "not worth noticing", bly hy maar net in 'n wereld wat nie omgee nie. Hy sug. miskien moet hy maar ietsie eet.
en op sy bord is daar 'n stukkie vleis. Maar hoe kan hy - hy wat dometter is, vlees, die vlees van 'n dier, die karkas van 'n lewende wese ingesteer, verorber, consume- met die wonde van sy geliefde Grommet wat nog so rou op sy hart sit?