|
|
| goeienaand |
| deur cinderella, 29 Januarie 2010, 13:29:55 |
|
Het nou gesit en kyk na Marietta Theunissen se ''Anderkant''. Gaan my nie daaroor uitlaat nie, maar wil graag aan julle mense vra om my te probeer help met n worsteling waarmee ek sit: AS ons glo daar is n God, AS ons glo hy is regverdig, AS ons glo dat ons moet bid en hy sal hoor, verduidelik vir my hierdie teenstrydigheid; Span A is Christene, Span B is ook Christene. Albei spanne bid vor die wedstryd. Span A wen. Hulle se dankie, dis slegs deur God wat ons gehelp het dat ons gewen het...!! So, wat van die arme span B? Het God nou besluit om hulle gebede te ignoreer? Jan en San het albei kanker. Albei kinders v d Here. Albei bid, hulle families bid, vriende bid, hul klein kindertjies bid. Jan word gesond. San gaan dood. UNFAIR, sou ek se!!!Moet ook nie vir my se God het n doel met alles nie, dis either God verhoor gebede en Hy is regverdig of hy is nie regverdig nie, en hy verhoor nie gebede nie. n Pa wat sy een kind voor die ander een bevoordeel, aikona!!! Dit maak my kwaad dat mense so arrogant kan wees om te se God het ons gebede verhoor, en die of daai een is genees van dit of dat...Wat van die mense wat dit nie kan se nie? Is hulle te sleg vir die Here? Groete.
|
|
|
Gaan terug na die voorblad. Kommentaar:
| LO C |
| deur Lelie, 2010-01-30 04:00:53 |
|
Nee, niemand is te sleg vir ons Skepper dat hy nie hul gebede hoor nie. Dis omdat ons nie weet wat Sy plan met elkeen van ons hier is nie. Dink jy nie die gebede wat sogenaamd nie verhoor of gehoor word nie is juis deel van Sy plan? Is dit nie veronderstel om ons oe oop te maak vir meer waarhede? Dis dalk om meer mense biekie op hul knee dwing om dan weer vir daai mense te bid vir krag en genade om hul beproewing te kan dra en steeds bo alles lief te wees vir God. Onthou ons geloof moet slegs so groot wees soos 'n mosterd saadjie wees, en dis menslik as 'n ou se geloof so beproef word dat dit die berg Ararat in die koelte hul. Hoekom jou mooi koppie breek oor iets waaroor jy NIE antwoorde gaan kry nie. Het jy noggie agtergekom dat dit juis die pad van 'n Christen is wat die moeilikste is om te stap nie? Ek hoop jy behou jou geloof want ek kom agter jy het geloof. Mooi bly.
|
|
|
| dankie lelie |
| deur cinderella, 2010-01-30 13:07:14 |
|
vir jou vriendelike woorde. ek kan ook sien en aflei dat jy n gelowige is. ek kan myself seker noem ''van-die-bus-afgevalde'' gewese gelowige. nee, ek verstaan nie die wee v d here (as daar een is) nie. ek verstaan dit glad nie. my pa moet vir al sy kinders ewe lief wees, ewe veel gee, ewe veel doen. nie vir die een n slang gee as hy n brood vra nie. ek voel as een persoon deur die krag van gebede en die genade van god gered word v d dood, wat maak die volgende een minder werd?? en as jy reg is, hoekom moet een persoon se ma, pa, broers, susters, vrou, kinders, seerkry om vir iemand anders weer te leer om te bid? unfair!! elke ou moet sy eie pak dra, en sy eie lesse leer. nie deur iemand anders se trane nie. ek is kwaad en gebelgd en voel nikswerd. groete.
|
|
|
| Waarom en vir wat |
| deur stalin, 2010-01-31 08:36:18 |
|
bid julle altoos om tog groot asseblief nie dood te gaan nie? Daar is dan sulke goeie dinge wat vir julle in die parra-dys wag. Harpe, ou pelle, familie, vlerke om net 'n paar voordele op te noem... Eintlik moet ons ongelowiges bid laat die biesies bewe om nie dood te gaan nie. Julle spul glo mos dat die duiwel en allerhande nie-lekker dinge ons voorland is. hehehe
|
|
|
| Hi Stalin |
| deur cinderella, 2010-03-16 09:14:56 |
|
Ag, jammer ek het baie lanklaas hier kom inlog. Nee man, jy is verkeerd. Ek het nooit gekla oor my eie doodgaan nie, net gewonder hoekom, of liewer hoe die christendom werk. Hoekom word alle gebede nie verhoor nie, maar net sommige mense s'n. Ensovoorts...maar dit was nie 'n goeie onderwerp nie. Sorry dat ek hier kom krap het. Cinderella.
|
|
|
Gaan terug na die voorblad.
|
|
Onlangse besoekers: Anoniem Kom klets saam met ons!
| Ouer Voorblad Artikels |
Maandag, 30 Aug:
buurman (jeanetteb)
Maandag (johann)
Saterdag, 28 Aug:
Sabbatdag (johann)
Vrydag, 27 Aug:
Haai oe! (loli)
Donderdag, 26 Aug:
Vry dag! (johann)
grappie (tone001)
Woensdag, 25 Aug:
Kennis v goed en kwaad? (johann)
Will Durant het gesê: (krabbel)
Doodse stilte (Lydia)
Maandag, 23 Aug:
Is daar dalk (johann)
Sondag, 22 Aug:
Wyse woorde (DaisyD)
Hoe onderskei en hanteer (Lydia)
hoekom (tone001)
Vrydag, 20 Aug:
Vrydae (Lydia)
Woensdag, 18 Aug:
Hoes (Oom_Jan)
Tipies dogtertjie (Lydia)
Dinsdag, 17 Aug:
Pragtige vrou (Oom_Jan)
Rolbos (Oom_Jan)
Lee woorde (Lydia)
Sondag, 15 Aug:
My eerste kuiertjie by die koeksistertafel (karee)
Meer...
|
|