|
|
| Aksie |
| deur Kali, 5 Februarie 2010, 00:12:55 |
|
More more. Ja wel ek het darm gistraand so bietjie AKSIE gehad, nou nie DAAI aksie nie, maar nie te min. Ek het so gelees van ons president wt sy nageslag so wyd en suid saai en seker maak dat sy gene gespaar bly en voortbestaan in die toekoms. Toe praat ek so met Suzie, oor ditjie en datjies.Sy het een van daai Amrican Swiss boekies en kyk na die oorbelle en ringe en armbande. Sy sit so rustig met haar bene so onder haar ingevou. Nou toe praat ons so oor trou en sulks dinge. Nou in die afrika kultuur, by monde van een van die deskundiges, kan n zoeloe so veel vroue as wat hy wil. En die muslims kan 4 vroue he, en ons kan net een he, behalwe as jy n mormoon is, hulle kan mos sonder ophou trou. Die ou beweer ook dat mans skelimpies kan he, volgens hom is dit normaal. Nou dit is wat die huidige regering propageer. Ek se toe vir Suzie, dat as ek die volgende plan het. Jy weet mos dat n troue duur is, blerrie duur, n lekker party kos amper die prys van Ford Capri Piranah. ek se toe, ek sal as ek trou, sommer so 3 vrouens saam laat trou, dan is dit mos nou met eenslag I do Ido Ido, en een merske party en een groot dronk word sessie.Dit is ook sommer dan die tyd wat al die skoon familie kan meng en ontmoed. dit gee dan ook geleentheid dat die jong manne die nuwe girls kan uitkyk, en ook sommer as hulle endag iemand ontmoet, kan weet of dit familie is of nie. Toe vra sy hoekom wil ek meer as een vrou he. Nou hier moes ek eerder gesharrap het en nog n glas bessie sap met ys gegooi. ek se toe kyk dit werk so, kyk na oom Dif van die plaas, hy het sy bakkie, sy dorp kar en dan die trekkers en lorrie. so vir die lande gebruik hy die trekker en die bakkie om te kyk of die trekker operateur, hy glo n ander ding dryf, die vore reguit ploeg. die lorrie gebruik hy om die mielies en plaas goed aan tery. Die dorp kar is om dorp toe te gaan en kerk toe en as hulle met vakansie gaan hak hy die karavaan. Toe kyk sy my, sy se sy verstaan, maar dit gaan nie werk nie, ek se dit sal, want al die plaas karre is op diesel, so mens koop diesle by die depot, en alles maak jy vol. Suzie reken toe dit gaan n bakleiery afgee, want elke vrou soek mos haar eie kombuis. Toe reken ek hulle kan in skofte kook. Ek se toe al wat ek mee n probleem het is dat al die vrouens n beter skoonma sal he as wat ek sal kry. Foutjie. Ek reken toe sy hoef nie nou al te worry nie, want ek wil nog kyk wie ek almal in die program sal inpas. Ek soek nog rond. Foutjie weereens. Ek se toe ek sal een hoof vrou anstel, maar het nog nie besluit nie. By die tyd toe is sy al redelik opge reff. Ek se toe, vat nou vir jou, jy is die ou trekker van die span, foutjie, ek wou nog se dat sy die spul sal supervise en in charge kan wees want die trekker is mos die ding wat alles deur trek, die lande ploeg en so aan.Toe kry sy daai kyk, en sy gooi my met die brosjure, pluk haar kuite op en daar gaan sy. By die deur steek sy vas doen n one eighty en storm op my af, gelukkig is sy nie geweldadig nie, want sy het toe die bottel weer neergesit. Ek sou hewig kapsie gemaak het as sy die dop gemors. Nou as ek dink moes ek eerder vir haar gese het dat sy dorpkar kan wees.
|
|
|
Gaan terug na die voorblad. Kommentaar:
| Jes Kali. |
| deur Blertsie_1, 2010-02-05 19:41:38 |
|
Interessante stories wat jy hier kwytraak oor die baie vroue en ander ry-goed. Ek bly op die oomblik in n Moslem land en om n ou met n paar vroue in die superpark te sien is normaal. Gewoonlik het elke vrou nog haar eie trollie ook. Mens kan nou nie altyd sien hoe mooi hulle is nie want party se oee steek net uit. Hulle ry ook rond met al hulle vroue in hulle se Swart Land Cruisers met pikswart getinte vensters en jy sien hulle maar net as hulle uitklim.
Trekkers en Bakkies en karre en lorries op plase. Weet, ek was laas November Filipynse eilande toe om my girlfriend se mense te gaan ontmoet. Haar pa het n plaas in die berge daar op n eiland. Die plaas is vol piesangbome en kokonut bome en avokadopeerbome en pynappels en tapioka en Jack fruit en anner goete. Die goed is sommer vanself daar. Die oukerel is al 72 maar hy's so fit en werk heeldag alleen op sy plaas. Nou nie heel alleen nie. Hy het n Carabau. n Carabau is n buffel, n makgemaakte ge-trainde water-buffel. Met die buffel ploeg hy sy ryslande wat in sulke gelyk terasse teen die berg gemaak is. Man, dis pragtig, nes in n movie. Sit ek daar en bekyk die ryslande en die buffel vanuit n bamboes-hut. Jy sien net kokonut bome sover jy kyk. Lyk mos nes palmbome, sukke laaaang dunnes. Doeeer onner le die see en mens sien tot n paar vissersbootjies. Heel aan die oorkant van die baai sien jy n groot berg, n vulkaan, Mayon vulkaan, wat so effe rook ..... Dis nie wat ek jou wou vertel nie, ek dwaal af. Rygoed. Ek onthou nog goed. Capri of Cortina GT. Ek het in 1971 n splinternuwe Cortina GT 1600 gekoop. n Rooie met n swart vinal top. Het my destyds R2500 gekos. Spot cash. Mense maar ek het baie sukses by die girls gehad met daai kar. Het maar dieselle enjin as die Capri gehad. Lekker gedice met dit maar nooit teen n Piranah nie. Those were the days. Kon met R10 se petrol vanaf Pretoria af Upington toe ry. Toe het n man gedink is blerrie baie, n hele R10! Eendag gaan ek n boek skryf oor al die dinge. Als weer herleef van allie rygoed....en van girls wat rooi Cortinas laaik en die wie se pa's plase op tropiese eilande het en met buffels ploeg.... Mooibly.
|
|
|
| yes yes. |
| deur Kali, 2010-02-08 02:17:06 |
|
Ek dink dit moet n besonerse gesig wees. Is dit warm daar? Maar ek sal dink dat mens wakker word en jy kan die vars lug ruik, dan is dit n bargain. het jy al daai jackfruit geeet? Ek het al, moerse taai ding tot jy agterkom jy smeer die hande met olie en dan kan jy hom skoon maak. My oom en sy neef het elkeen so Capri gekoop. Groen een n geel en wit een. Met sukle kabels wat die bonnet vashou. Ek in glad nie ford fan nie, maar dai in classics, en so ook die cortina XR6. BIG SIX, so rooie met sulke bree tekkies, man dis wiele wat kan stap. Hulle maak nie meer sulke tipe wiele nie, alles is plastiek. Ek dink die klomp muslims maak alles toe net vir die show, maar hulle kan mos die kat knyp in die donker, ......agter die donker vensters. Ek het gehoor mens kyk na hulle voete, en dan weet jy wie is wie, so as sy aantrek die oggend dan kyk hoe lyk die vrou se skoene en tone en so kan jy haar ID later. geniet jou dag.
|
|
|
Gaan terug na die voorblad.
|
|
Onlangse besoekers: Anoniem Kom klets saam met ons!
| Ouer Voorblad Artikels |
Woensdag, 1 Sep:
In die wagkamer van ICU (rolbos)
DJ Ossewa (jeanetteb)
Dinsdag, 31 Aug:
Vadersdag (sprokies)
Maandag, 30 Aug:
buurman (jeanetteb)
Maandag (johann)
Saterdag, 28 Aug:
Sabbatdag (johann)
Vrydag, 27 Aug:
Haai oe! (loli)
Donderdag, 26 Aug:
Vry dag! (johann)
grappie (tone001)
Woensdag, 25 Aug:
Kennis v goed en kwaad? (johann)
Will Durant het gesê: (krabbel)
Doodse stilte (Lydia)
Maandag, 23 Aug:
Is daar dalk (johann)
Sondag, 22 Aug:
Wyse woorde (DaisyD)
Hoe onderskei en hanteer (Lydia)
hoekom (tone001)
Vrydag, 20 Aug:
Vrydae (Lydia)
Woensdag, 18 Aug:
Hoes (Oom_Jan)
Tipies dogtertjie (Lydia)
Meer...
|
|