Weens onvermydelike omstandighede gaan daar van vandag af 'n verandering hier op Koeksuster plaasvind en ek vertrou dat dit julle goedkeuring sal wegdra.
Aangesien Gert se beroep die afgelope maande al meer en meer van sy tyd in beslag neem en hy sy aandag voltyds daaraan moet skenk en sy basis boonop in Europa is, sien hy glad nie meer sy weg oop om Koeksuster verder in stand te hou nie. Maar aangesien dit sy breinkind is wil hy, verstaanbaar, nie graag sien dat Koeksuster doodloop nie, wat onder die huidige omstandighede wel die geval is om te gebeur.
Gert het my genader en gevra of ek nie die leisels en die beheer van Koeksuster wil oorneem nie. Aangesien ek die afgelope sewe jaar al lid hier is en baklei vir die voortbestaan van Koek het ek ingestem om by hom oor te neem.
Voorlopig sal daar nie veel verander nie behalwe dat ek wil vra dat julle insette moet lewer en voorstelle maak waar julle dink die Koek kan verbeter. Uit die aard van die saak sal aanvaarbare voorstelle nie sommer oornag kan plaasvind nie en sal geduld die wagwoord moet wees.
Graag sal ek, en ek glo julle almal, die ouer lede wat om verskeie redes die Koek verlaat het weer hier terug wil sien en dat hulle weer hier bedrywig raak soos wat dit taamlik lank gelede die geval was.
Baklei kan ons baklei en ook erg van mekaar verskil, net solank dit skoon en beskaafd is en nie beledigend raak nie.
Die reëls gaan bly soos wat Gert dit opgestel het en ons almal, sowel as nuwe lede kan gerus weer 'n ogie daaroor laat gaan.
EN - laat ons almal tog asseblief net EEN skuilnaam gebruik aangesien dit erg irriterend en onnodig is om as verskillende karakters hier rond te hang.
Lank lewe die Koek.
Joe