Deesdae sterf mense heelwat gouer
die nageslag van Adam was honderde jare ouer
toe't hulle nog nie van Rothmans en Texan gehoor
was seker te beig om vir water in die woestyn te boor
"mind you" dalk het hulle papirus gebruik vir 'n zol
gevul met 'n donkie se uitgedroogde drol
miskien moet ons eerder hierdie resep probeer
want vandag se siegies het veels te veel teer
Adam byvoorbeeld was 'n ewigheid gespaar
met sy dood was hy negehonderd en dertig jaar
as hy gerook het dan kon dit dalk wees
dat ons nooit van Kain en Abel sou lees
So, ek skat rokery was glad nie 'n gier
en Viagra het sekerlik hoogty gevier