Dis so lank, sedert Dometter DIE HAAT gevoel het. Eeue se haat. Die haat in mense se oe, die haat in mense se lywe, haat in die draai van die rug, haat in die draai van die skouers. Dit was orals, op die straat hoeke, in die busse, in die taxi's ,in die kerke, in die huis soos die huishulp opwas, in die tuinier. Haat wat hang oor tafelberg - en uitstrek tot diep in transvaal.
Hy onthou dit nog soos gister - dis iets wat mens nie vergeet nie. Mens vergeet dit nooit nie. Mens besef dit nie as mens daarin is nie - dis te erg op die oomblik, eers jare later - as mens terug kyk tref dit jou: soos iets aakligs wat jou wind uitslaan en jou laat hyg na jou asem. Haat wat die mind skip, en mens reguit in die derms slaan.
Violence of the body was nog nooit werklik erg vir Dometter nie. Afrika was nog maar altyd 'n bloederige spul. Dood is deel van die lewe - maar dis die dood wat gepaargaan met HAAT wat mens tref - wat mens wond, wat mens traumatiseer. en dan die Silent non violent haat - wat hang, en deursyfer, deur murg en been kruip, en nooit gaan le nie. Die haat van die ander. Die haat wat opkruip in die opgewende evil in jou hart, en stil le en wag vir sy auschwitz oomblik.
Donkerte sypel in die harte - en in the donkerste nag, onder die vaandel van die vierkleur sal ons ons naaste vermoor.