Maurice het die Krokodilrivier geswem vir 2010 Fifa sokker kaartjies.
Blithem! Wow! Klink vir my amper soos daai outydse Ingelse man,Winston Churchill wat om en by tydens of nagenoeg aan die Oorjarige Drielog,die "mighty Apies" deurgeswem het.
Wie van julle weet hoe wyd,of breed vloei die Krokodilrivier in die winter? Dis nou onder in die Laeveld,digby die Mbombela stadium.
Party plekke stap kinders deur die rivier en plek-plek spring hulle sommer oor.
Die man van die Laeveld het glo "In crocodile and hippo invested Crocodile river" deurgeswem om kaartjies te wen.
Vet ek is bly Nederland het Uruguay pakgegee,nie dat die enigsins iets met die brawe man wat die krokodilrivier deurgeswem het te make het nie.
Wie gaan dit in die eindstryd wees? Duitsland teen Nederland?Spanje teen Duitsland?Nederland teen Spanje of die hele spul teen mekaar,so lekker outydse "menagerie de trois"?
F@kkit ek moet onthou om my helmet op te sit as ek met my Puchie ry,ek het alweer 'n spraakgebrek....