Dit was nog altyd vir Dometter so bietjie van n mirakel die kommunikasie tussen mense wat nie met woorde gebeur nie. Hy sit nou hier en beleef dit
in sy ingewande soos iets wat besig is om hom van binne af te beklem, engulfed from the inside. soos n beklemmendheid, n onuitspreekbare aakligheid wat besig is om binne in hom uit te broei en waarteen hy heeltemal weerloos is. Iets erger as haat, iets soos n sterwende dood. Iets groter as woorde, groter as emosie. Soos om in die onderstroom van die see te verdrink so is dit om in hierdie vrou se onderbewussyn te versmoor. Hy kannie werklik sê wat dit is van hierdie vrou wat hy so haat nie, hy weet net dat dit erg is, erg en ondraaglik.
Dometter sit langs himself en observeer geammusseerd die sensasies, terwyl hy wonder waar dit sou vandaan kom, wat dit sou beteken, en wat hy moet doen (so min as moontlik natuurlik) Die vrou merk die gebrek aan beheer en versterk haar aanslag. Paradoksaal voel die aggressor nie beter nie, maar slegter.
fokkit dink Dometter My werk is om kak te voel