logo
Praat jou hart uit.

touran 1.9tdi of audi 1.9tdi?
deur rolbos, 13 Julie 2010, 09:40:39

Ek en pappatjie is nou besig om weer ons nekke uit te steek en ons self in die skuld te dompel. (Ja, daar is van ons wat skuld moet maak om kar te koop, I'll have you know!)

Nou hou ek van die V/W Touran 1.9tdi, so vurige rooie. Pappa hou van die Audi 1.9tdi, nog nie kleur besluit nie.

Die ouens hier wat weet, gee bietjie insette...Wat ons ook moet in gedagte hou is dat pappa baie rondry, en merendeels in die stad kort afstande. So, wat sal die beste uitwerk. Help n bietjie...

Lewer kommentaar

Gaan terug na die voorblad.

Kommentaar:

Ek weet
deur johann, 2010-07-14 00:05:12

. . min van karre af, maar wat ek weet sal ek met jou deel: Wit is die beste kleur vir die gedeelte van Afrka, finish en klaar, ( alhoewel die laaste ou wat die gese^ het (Selebi) gaan tronk toe nadat hy 14 miljoen van beslasting betaler se geld gemors het omdat hy probeer wegkom het vir sy skelm streke )
As jy grondpad gaan ry bly weg van die audi dis al

Lewer kommentaar
nee, net nie n wit kar nie!!!
deur rolbos, 2010-07-14 01:49:25

Askies, maar nee dankie! Ek is nie gebou vir elke 2de dag kar was nie! n Wit kar lyk altyd stowwerig behalwe as hy pas gewas is!

En nee, gaan nie sommer grondpaaie ry nie, so dis nie ter sprake nie...

Lewer kommentaar
Gaan terug na die voorblad.
YES YES
deur Kali, 2010-07-14 04:37:02

baie goeie besluit daai. ek smaak ook die diesel kwaai. kos dalk duurder as petrol, maar jy kry meer kilos op n vol tenk.Ek sal net se die kar is bietjie stadig, van zero tot honderd in ogeveer 13 sekondes. Top spoed so amper 180, klink lekekr vinnig, en dis nie teen n myn skag af nie. Weeg amper een en halfton. hang af vir wat jy hom gaan gebruik, maar dit is n goeie kopie daai.Hoop nie jy gaan deurmekaar raak met die ratte nie, het 6 ratte. Die tjor het frontwheel drive, so CV gana dalk jou sak bietjie ruk. Maar met nice wiele,radio, speakers en ligte, daai sterk spotties, is die lang pad joune. Miskien moet jy skaap velle op die seats sit, jy gaan die kar so laaik, jy sal nie wil uitklim nie..

Lewer kommentaar
ja, maar...
deur rolbos, 2010-07-14 07:43:07

...Touran, of Audi????

Lewer kommentaar
Hang af
deur Kali, 2010-07-15 04:16:18

Hang af wat jy wil doen, maar as dit net n gesin kar sal wees en dis net julle 2 sal ek die Audi aanbeveel. As jy iets soek met woema, kan ons onderhandel oor die Uno van my, maar ek glo nie jy sal belangstel nie, daai kar het krag en mens se velle rek as jy hom ry.......

Lewer kommentaar
UNO
deur Oom_Jan, 2010-07-15 08:47:08

As ek reg onthou staan UNO vir Oe Nou het ek kak gekoop haha. Net n grappie. Ek dink nie n UNO gaan werk vir ou rolbossie nie. Lyk my die mense is fancy as hulle n Touran of Audi wil koop. Lekker ryk!

Lewer kommentaar
Hey
deur Kali, 2010-07-16 05:03:58

Jy saag my my laag huh??? Soos die ou wat in die hospitaal wakker word. n kar het hom getrap. toe die nurse vra of hy dan nie die kar gesien het nie, toe se hy ja hy het. Maar dit het soos n goot kar gelyk wat nog ver is. toe loop hy oor die pad.

Lewer kommentaar
ha ha ha !!!
deur rolbos, 2010-07-16 05:37:02

Ja, wil ok maar se, deeske dae is die klein karretjies nog flippen duurder as groteres. Ongelukkig laat my lyf nie toe om gemaklik in n klein karretjie te pas nie, so dis die groter wiele vir my en pa. As ek kon, sou ek dat manlief n chevvie sparkie koop om in die stad mee rond te ry, en dan n groter kar vir wanneer ons dalk dam toe wil ry om te gaan voelkos koop! Maar nou-ja, soos Oom Jan geskimp het, is ons nou maar nie van die high society nie. Dis maar werk elke dag vir die kar se paaiement end v d maand!

Lewer kommentaar
Hospitaal
deur Oom_Jan, 2010-07-18 01:09:26

Nee kyk, die mense wat UNO's ry dink hulle is vreeslik sterk. My beste pel het net nou die dag sy UNO try stop toe die hand briek nie die kar teen n baie baie klein opdraande kon stil hou nie. Hy het net uitgeklim om die hek oop te maak, toe die UNO besluit het om te ry. Hy se dit was verskriklik erg toe hy in die hospitaal gele het, en almal hom gevra het wat het gebeur en hy moes vertel hoe sy eie kar oor hom gery het... Hy kan maar net bly wees dit was nie n 4x4 nie!

Lewer kommentaar
Gaan terug na die voorblad.
Watse Audi 1.9tdi?
deur Oom_Jan, 2010-07-15 08:42:26

Ek sien verskillende Audi 1.9TDi's, so watter een kyk julle na?

Wat ek sien van die Touran 1.9TDI is hy gemaak vir n groot familie. Wat ek lees is soek julle dit net vir 2 mense, so 7 sitplekke is hopeloos te veel, veral as pappie dit net in die dorp gaan ry. Wat van iets soos n klein Yaris of n Jazz?

Lewer kommentaar
Jong, oom Jan,
deur rolbos, 2010-07-15 08:54:59

As jy nou hierdie mamma en pappa ken, sal jy weet hulle kannie inpas in n klein karretjie nie...So, eerstens kyk ons na darem n bietjie gerief, en tweedens na brandstofverbruik aangesien pappatjie baie BAAAIIEE ry...
Persoonlik sou ek se n Toyota Yaris, maar groot ene, nie klein nie. Ons het pryse op Touran(2de hands) en Yaris(2de hands) en die pryse is 100% dieselfde premie-gewys. So, wat sou jy vat, vra pappatjie...laat weet asb weer jou opinie.

Lewer kommentaar
Yaris
deur Oom_Jan, 2010-07-15 08:57:41

Is dit die Yaris Sedan of watse engine groote? Mens sal wil appels met appels vergelyk as dit moontlik is.

Lewer kommentaar
Gaan terug na die voorblad.

Onlangse besoekers:

  • Anoniem

    Kom klets saam met ons!

    Teken in
    Naam:
    Paswoord:
     
    Join die klub!
    Password vergeet?
    Benodig aktiveringskode?

    Artikels
    Soek artikel:
     
    Skryf 'n artikel

    Verwyderde Boodskappe
    Wie skryf die meeste?

    Ouer Voorblad Artikels
    Maandag, 30 Aug:
    buurman (jeanetteb)
    Maandag (johann)

    Saterdag, 28 Aug:
    Sabbatdag (johann)

    Vrydag, 27 Aug:
    Haai oe! (loli)

    Donderdag, 26 Aug:
    Vry dag! (johann)
    grappie (tone001)

    Woensdag, 25 Aug:
    Kennis v goed en kwaad? (johann)
    Will Durant het gesê: (krabbel)
    Doodse stilte (Lydia)

    Maandag, 23 Aug:
    Is daar dalk (johann)

    Sondag, 22 Aug:
    Wyse woorde (DaisyD)
    Hoe onderskei en hanteer (Lydia)
    hoekom (tone001)

    Vrydag, 20 Aug:
    Vrydae (Lydia)

    Woensdag, 18 Aug:
    Hoes (Oom_Jan)
    Tipies dogtertjie (Lydia)

    Dinsdag, 17 Aug:
    Pragtige vrou (Oom_Jan)
    Rolbos (Oom_Jan)
    Lee woorde (Lydia)

    Sondag, 15 Aug:
    My eerste kuiertjie by die koeksistertafel (karee)

    Meer...

    Meningspeiling
    Is dit...

    (219)67%
    (81)25%
    (24)7%

    Links
    Privaatheidsbeleid
    Musiek
    Nuus
    Reëls

  • kopiereg 2000-2010 wetenskapklub 356754 besoeke sedert 2001.01.01 Laas verander op 2010.05.17