|
|
| Meer as 3 jaar... |
| deur Parker, 14 Julie 2010, 10:18:47 |
|
Meer as 3 jaar is verby vandat ek laas op die blad was .. en, niks het verander nie. Lyk die kak makers is nog steeds hier en die selfde ou 'jy is dom' blah blah artikels word gepost. Amper soos Days of our Lives .. mens kan dit vir 7 jaar nie kyk nie en 10 minute in die 1ste episode presies weet wat in die laaste 7 jaar gebeur het. Daar is soveel beter dinge om mens se tyd op die spandeer. Elke sekonde wat verby gaan is 'n sekonde wat jy nooit weer sal terug kry nie - tog, word dit gemors asof 'n mens dit sommer gou op die straathoeke kan gaan koop. Amazing! P.
|
|
|
Gaan terug na die voorblad. Kommentaar:
| dit sou baie help |
| deur rolbos, 2010-07-14 11:55:33 |
|
as meer mense wat werklik iets te se het, meer gereeld hier wil inloer. Al wat nou gebeur is dat daar n handjievol oorgebly het wat nie meer die blad aan die gang kan hou nie, en dan Prof met al sy aliasse wat sy bes probeer om ons ook hier weg te werk met vieslikhede. Dis heeltemal waar dat tyd kosbaar is, maar almal van ons het n 5 minute elke dag of twee om ietsie op die blad te kom sit...al is dit net hoe kwaad die taxibestuurders jou maak, hoe niksseggend n koerantberig is, hoe lekker n restaurant se kos was...Daar is altyd iets wat n mens graag wil meedeel , en dit hoef nie ''kosbare ure'' in beslag te neem. As 'n besige ou soos prof die tyd kan vind om met 100 aliasse hier te kom plak net om van sy frustrasies ontslae te raak, kan ons almal dit op n sinvolle wyse ook doen. Ek se nie n mens hoef jou algemene kennis hier te kom ten toonstel nie, nee glad nie! Gewone dinge van gewone mense en gewone dae...Soveel mense, soveel opinies. Dit behoort so interessant te wees as hier meer mense was wat belang gestel het. Dit sou so lekker gewees het as meer mense darem n opinie gegee het oor die kar wat ek wil koop!!! Maar nee, wat die smaak van die koeksuster het weggekwyn. So jammer. ;-(
|
|
|
| moes gewees het |
| deur rolbos, 2010-07-14 11:59:14 |
|

|
|
|
Gaan terug na die voorblad.
| Ek stem.. |
| deur Parker, 2010-07-15 08:59:46 |
|
Ek stem saam met beide se boodskappe. Dalk is tyd 'n afgod .. wie weet? Maar so is baie ander dinge. Wat ek wel weet is dat niemand van ons weet hoe lank ons nog op hierdie aarde gaan wees nie. Niemand weet hoe lank hulle nog 'n kind of 'n man of 'n vrou gaan sien, hoeveel keer gaan kan druk of soen of se "ek is lief vir jou nie".. Ek weet wel, dat EK, nie my tyd gaan mors nie. Om sinnelose gemors te lees (bv Prof) is vir my tydmors. Dit is tyd wat ek saam met geliefdes kon spandeer, iets nuuts kon leer, en ja, ek sal my dame terug roep vir 'n 2de drukkie of soen, want dit mag dalk net die laaste een wees. Ek weet ook dat baie mense die lewe deur gaan en jaag van punt a na punt b, ens ens. EN dat baie mense eers besef waaroor die lewe gaan wanneer hulle met bv. kanker gediagnoseer word. Jou wereld, jou menswees, verander daardie sekonde. Skielik kyk jy hoe die son op kom in die oggend en skielik hoor jy hoe die wereld en voels en diere wakker word in die oggend. Skielik sien jy al die klein goedjies wat almal elke dag verby hardloop en jy besef jy het (bv) net 6 maande om te leef. 6 maande om al hierdie dinge te sien en te doen wat jy nog altyd wou, maar, dood eenvoudig te besig voor was met ander minder belangrikke dinge. Dit is my 2 sent tot hierdie gesprek en ja, min mense sal saam stem, maar, vat 5 minute en praat met iemand wat in daardie skoene geloop het en hoor wat hulle se en vra jouself.. wat sal ek doen as ek vandag wakker word en weet ek het nog net 6 maande oor om langs my man / vrou wakker te word - hoe sal jy voel? Ek het nog net 6 maande oor saam met my kind en gaan soveel jare se groot word mis - hoe sal jy voel? Hoeveel tyd sal jy dan aan gemors spandeer?
|
|
|
| ja maar, Parker |
| deur rolbos, 2010-07-15 09:11:56 |
|
onthou dat jy ook hier dalk vir iemand iets kan beteken. Dis nie net mense wat jy oog tot oog kontak het wat jy kan aanraak nie, jy kan dit op ander maniere ook doen. Het jy weer liefde in jou lewe gevind? Hoop so, want dit was nogal hartseer toe julle opgebreek het so wat was dit, 3 jaar terug? Vertel ons, en moenie weer wegbly nie! 
|
|
|
| Joh! |
| deur Parker, 2010-07-15 09:14:54 |
|
Genade! Hoe onthou jy dit? Ek het liefde gevind ja!!
|
|
|
| het lekker gelees |
| deur rolbos, 2010-07-15 09:23:35 |
|
aan al jou postings, en veral jou en was dit Tess(?) se geskerts...En die gesukkel al daai tyd met ou Prof en Joanne!!
|
|
|
Gaan terug na die voorblad.
| Ek stem saam en |
| deur johann, 2010-07-15 05:01:49 |
|
. . .stem ook nie saam nie en soms dink ek ook wat doen ek hier op die webblad, en ek weet nog nie eintlik nie maar werk nog daaraan. Die woorde wat my opgeval het was dat elke sekonde baar kos, maar as ek nou dink aan die "ewigheid" dan is 'n sekonde eintlik net 'n elusie, en wat is nou inelkgeval so belangrik omtrent tyd gebruik of misbruik of om "tyd" soms tot afgod status verhef, dit bly 'n dooie ding, iets soos 'n moersleutel. En dan is dit ook interesant om te kyk na wat die mensdom aanvang en hoe hul kultuur gevorm is van die ouer garde wat 'n generasie gaping so groot het dat daar nie 'n brug oorgebou kan word nie tot die weet alles en beter en meer en is "with it" jonges wat dink wat hulle dink en hier op die webwerf is geen perke soos wat die samelewing op ons en ander afdwing nie. So elkeen kraai op sy eie mishoop, soos ek!
|
|
|
| ? |
| deur Duvie, 2010-07-19 02:07:15 |
|
Ek is lus vir 'n lekker bak vol prawns... Met suurlemoen en cayenne peper, vars gekapte knoffel, nie die plastiek botteltjies nie, dit laat jou asem stink vir twee weke en jou maag - daar gelaat. Botter, nutmeg en 'n tiksel koriander. Warm kole en 'n bottel Riesling, koud natuurlik! Vokkit. Klink dit nie lekker nie.
|
|
|
| Ek kan amper |
| deur johann, 2010-07-19 07:18:44 |
|
. . . die branders hoor en die see ruik as ek so snotterige glibberige oester oor my tong laat gly, een van die 4 dinge wat die Prediker geskryf het wat mens kan geniet EET! en een van die ander is DRINK!!!
|
|
|
| Oooo Ok |
| deur Duvie, 2010-07-19 07:22:39 |
|
Die see, die oester uit die see, ok nou sien ek jou punt. Shoe, amper dag ek iets HEELTEMAL anders. Mind you, so vars uit die see is darem maar lekker...
|
|
|
| ja "hulle" sê |
| deur johann, 2010-07-21 07:27:19 |
|
. . die beste reuk is nie blomme nie, maar ek dink dis ook nie nat grond nie!!
|
|
|
Gaan terug na die voorblad.
| Hi en welkom terug! |
| deur OUKAAS, 2010-07-19 05:00:19 |
|
Moet asseblief nie weer so lank weg bly nie.Hierdie plek het oopkop intelligente mense nodig. Op enige blad soos die,sal daar altyd idiotiese morone wees.Entiteite wat net naamloos kan beledig en skoorsoek. Parker,"park" nog so wyle langer hier,die plek is beter as 7de laan en days saam!
|
|
|
| , |
| deur loli, 2010-07-19 07:25:33 |
|
jy's nie die enigste een wat na 3 jaar weer kom inloer het nie!
|
|
|
Gaan terug na die voorblad.
| Loli & Oukaas |
| deur Parker, 2010-07-19 11:00:35 |
|
Dankie - ek sal dit oorweeg. Groete P.
|
|
|
Gaan terug na die voorblad.
|
|
Onlangse besoekers: Anoniem Kom klets saam met ons!
| Ouer Voorblad Artikels |
Maandag, 30 Aug:
buurman (jeanetteb)
Maandag (johann)
Saterdag, 28 Aug:
Sabbatdag (johann)
Vrydag, 27 Aug:
Haai oe! (loli)
Donderdag, 26 Aug:
Vry dag! (johann)
grappie (tone001)
Woensdag, 25 Aug:
Kennis v goed en kwaad? (johann)
Will Durant het gesê: (krabbel)
Doodse stilte (Lydia)
Maandag, 23 Aug:
Is daar dalk (johann)
Sondag, 22 Aug:
Wyse woorde (DaisyD)
Hoe onderskei en hanteer (Lydia)
hoekom (tone001)
Vrydag, 20 Aug:
Vrydae (Lydia)
Woensdag, 18 Aug:
Hoes (Oom_Jan)
Tipies dogtertjie (Lydia)
Dinsdag, 17 Aug:
Pragtige vrou (Oom_Jan)
Rolbos (Oom_Jan)
Lee woorde (Lydia)
Sondag, 15 Aug:
My eerste kuiertjie by die koeksistertafel (karee)
Meer...
|
|