Sy is myne.
Daar is die duisend vlieë wat rondom my steur soos ek moeiend deur die rooi grond swerf op soek na jou, tevergeefs tog hunker na liefde om vas te hou. Sy is afgewater, spieëls tog mooi waar vlekke versteek word met n happie leuen sit sy stil, in haar hoekie, en kou haar naels. Sy is preuts ongedeurd maar die gesplete tong verklap haar siel so donker soos die donkerste nagte as Koljantjie onder haar bersie verdwyn in afwagting vir die swernoot om te kom pla. Haar instink is om te moor o, jirr moor my maak my seer want seer is beter as vergeet moet my net nooit vergeet nie. Sy is ouderdoos broos om die mond waar rou geskille geplak is soos die kors-droeë bloed teen my badkamer se muur, en soos sy saggies sing van goetertjies wat trane bring hoor ek die dood my roep.
Sy is my semel, roekeloos en goedgesind, n vokker met geen doel of laat n ongestikte lappop met geen naat . Met selfverwyt onder die arm wetter sy deur my gedagtes en laat my rooi-gesig skaam my kop loop sak en verder aan my vuil duim suig. As dom my kom haal huppel ons saam deur die strate weg van die gekerm, weg van die gekla, weg van die kopseer-wurm geskree wat my keel in flarde laat en my hande rukkend soekend na my dop. Sy is hier.
Lief se oë is vaal-grys soos dié van n hond se oë wat al vier dae opgeswel lê in die son en simmer, haar asem is siek van as en haar tong bitter soos TimJan se gal water, met elke woord wat sy uiter is dit soos n naald wat in my arm afbreek pyn.
Met elke gil, as sy my skel is dit koud soos die hel waar die klein gedroggies my vervel, met leë-dop koppe en ogies van staal sny hul stukkies vel af om die vuur in my te voed. Die vuur is goed, die vuur is warm maar die vuur is die stormdronk lus wat spoeg-bek sidder hier tussen my bene, soos n siek dier kloppend wil ek haar vasgryp en in die nek byt tot die bloed soet binne my in spuit en ek dieper in haar weg sink, diep tot waar daar niks meer is nie weg tot waar lekker sonde is en sonde mense laat bewe in die koue sal ek jou wurg ek sal my vingers styf om jou dun nekkie laat stram tot op die been. Jy sal roggel. Ek sal lag. Ek sal koggel. Jy sal sterf.
Hoe smag ek daardie blou-oog oomblik, bloedneus sinlik of oop lip stommerik soos ek moeisaam deur my deur stap terug in my eie donker wonder ja my eie gat wat ek gekies het vele beter as buite waar vuilbek Koljantjie rond ploeter opsoek na nog n staaltjie om te brand, nog iemand om op te vok en te vergeet en te verras met die gesanik en gekerm en gekak.
Jou pestelensie. My pestelensie, my vaagweg Koljantjie waarvoor ek so lief is soos die woestyn is vir n druppeltjie uit die blou van onse hemel, uit die diepte van my siel.
...... Bloeding - Plaas 'n groot oop bak onder die kadaver se kop. Met 'n lang-lem mes, begin by een hoek van die kakebeen en maak' n diep "oor-tot-oor" sny deur die nek en die larinks na die teenoorgestelde kant. Hierdeur word die interne en eksterne karotis arteries, die groot bloedvate wat bloed vanaf die hart na die kop, gesig, en die brein. As die persoon nog nie dood is nie, sal hierdie snit dit vinniger dood, asook die bloed vinniger laat dreineer......
©