logo
Laat hy val waar hy wil

hele naweek by koeksuster!
deur phantom, 19 Julie 2010, 06:14:50

mense, ek het die hele naweek opgevang wat hier aangaan. was heel aan die begin ook hier onder n naam wat nou nie meer aktief is nie. ek was ook maar skaars daai tyd. het gelike om die ouens se postings te lees en die kommentare wat party uitgelok het. veral die ou met die p-woordeskat. sy naam was mos prof.....lyk my hy is nie meer bedrywig hier nie. eers gesorg dat alles amper doodloop en toe self gevlug......ek sien ook nie meer ouens soos engeltjie en scorpio en jantjie en wintie om net so n paar te noem nie. ek sal maar af en toe vir julle vertel van my bestaan hier in sunnyside, want n lewe kan n mens dit nie noem nie. hopelik sal ek een of ander tyd beter blyplek kan bekostig. staatsdiens-salarisse moet seker ook een of ander tyd opvang. het vanoggend af siek ingebel. voel of ek griep gaan kry, en het sommer one-day flu cure by die spar gaan koop, en vicks op die bors en agter ore gesmeer. nou le ek so half en my laptop skuins teen my kniee. is vrekkoud hier bo innie lug. koue grys woonstelle en geboue rondom my. wens ek het vanaand n lekker warm koppie bonesop en toast gehad vir aandete.......nou is dit maar one minute noedels en toast! nou goed, ek wat ou phantom is, sal julle weer check.

;-D

Lewer kommentaar

Gaan terug na die voorblad.

Kommentaar:

Scummyside
deur Duvie, 2010-07-19 07:04:28

Hoop dit gaan voor die wind in Sunnyside. Daardie plek is of 'n leemte in mens se hart of 'n sonnetjie op sy eie. Terwyl jy nou die laptop streel kan jy deel wat saans daar gebeur, as ek die donker strate en lawaai in opsomming kan lees sal dit flippen cool wees.
Geniet die Noodles en Toast!

Duvie

Lewer kommentaar

As ek
deur karel, 2010-07-22 08:59:00

As ek weer eendag in Pta is kom laai ek jou op vir dop en dans. Jy het bietjie opwinding nodig

Groetnis

Lewer kommentaar

Onlangse besoekers:

  • Anoniem
  • krabbel

    Kom klets saam met ons!

    Teken in
    Naam:
    Paswoord:
     
    Join die klub!
    Password vergeet?
    Benodig aktiveringskode?

    Artikels
    Soek artikel:
     
    Skryf 'n artikel

    Verwyderde Boodskappe
    Wie skryf die meeste?

    Ouer Voorblad Artikels
    Maandag, 30 Aug:
    buurman (jeanetteb)
    Maandag (johann)

    Saterdag, 28 Aug:
    Sabbatdag (johann)

    Vrydag, 27 Aug:
    Haai oe! (loli)

    Donderdag, 26 Aug:
    Vry dag! (johann)
    grappie (tone001)

    Woensdag, 25 Aug:
    Kennis v goed en kwaad? (johann)
    Will Durant het gesê: (krabbel)
    Doodse stilte (Lydia)

    Maandag, 23 Aug:
    Is daar dalk (johann)

    Sondag, 22 Aug:
    Wyse woorde (DaisyD)
    Hoe onderskei en hanteer (Lydia)
    hoekom (tone001)

    Vrydag, 20 Aug:
    Vrydae (Lydia)

    Woensdag, 18 Aug:
    Hoes (Oom_Jan)
    Tipies dogtertjie (Lydia)

    Dinsdag, 17 Aug:
    Pragtige vrou (Oom_Jan)
    Rolbos (Oom_Jan)
    Lee woorde (Lydia)

    Sondag, 15 Aug:
    My eerste kuiertjie by die koeksistertafel (karee)

    Meer...

    Meningspeiling
    Is dit...

    (219)67%
    (81)25%
    (24)7%

    Links
    Privaatheidsbeleid
    Musiek
    Nuus
    Reëls

  • kopiereg 2000-2010 wetenskapklub 356753 besoeke sedert 2001.01.01 Laas verander op 2010.05.17