|
|
| Vraag |
| deur Duvie, 19 Julie 2010, 07:09:34 |
|
Vra my enige vraag. Ek het so behoefte om antwoorde te gee. Enige iets, of dit nou oor stink voete of 'n vergroeisel in jou oor, ek wil sien wat se snert ek nog kan uitdink. Gooi hom.
|
|
|
Gaan terug na die voorblad. Kommentaar:
| antwoord |
| deur loli, 2010-07-19 07:46:24 |
|
wat's jou PIN? :-P
|
|
|
| PIN |
| deur Duvie, 2010-07-19 23:36:49 |
|
Of, Persoonlike Identiteits Nommer. Die konsep van die PIN kom van John Shepherd-Barron, die uitvinder van die hedendaagse OTM. Die PIN word hedendaags gebruik op duisende vlakke, met meer as net 4 nommers. Verder op antwoord op jou vraag? PIN: %*#2@@4FHDEE>EADJOH@)(!@&*^#SSAB..fjke"'msanQasjydie)387eengebruik,dmnnfBBgaanInterpoljou>>mmoontlik_vankant>>moet^&#%Qmaak..msh . Cheers!
|
|
|
| Ok |
| deur Duvie, 2010-07-19 23:43:35 |
|
Volgende?
|
|
|
| ? |
| deur loli, 2010-07-20 03:21:18 |
|
haha. Hoe het die wereld ontstaan?
|
|
|
| Waar die aarde begin het. |
| deur Duvie, 2010-07-20 04:25:47 |
|
Die aarde was woes en leeg en toe kom Adam. Hy is toe moer alleen en altyd depressief sy geluk kon hom toe nie beter wees nie en sowaar, gewaar hy n Eva. Net daar was alles een groot gemors. Adam het nie tyd om sy gat te draai nie en is Eva weer soos 'n siek tier agter hom aan en beveel hom om die wasbak reg te maak, die swembad uit te skep, die hondedrolle op te tel, kredietkaart te gee en dies meer... Maar nee, dit is nie waar die aarde begin het nie. Oerknal, of te wel die Big Bang. Dit is die kosmologiese teorie wat die beskrywing gee van hoe die heelal 13,7 miljard jaar gelede ontstaan het uit 'n superdigte, dimensielose en verskriklik hete singulariteit. Onthou dat die teorie afly van die onophoudelike uitdying van die heelal. Dit gesamentlik met evolusie waardeur nuwe gelaat en genetiese veranderingsproses verduidelik word, sal ek sê, dit is waar die heelal of te wel die aarde ontstaan het. Om teologie daaraan te koppel word op verskeie vlakke hanteer, daar is honderde boeke beskikbaar asook die web. Verder sal ek sê dat dit n individuele siening is, ten opsigte van waar die mens en die heelal ontstaan het en wat die toekoms behels. Die is net my mening, dit is bloot realisme en dat alles n biologiese en wetenskaplike verduideliking het. Ek is 'n blommetjie.
|
|
|
| shame |
| deur loli, 2010-07-20 14:11:07 |
|
dalk was die Big Bang God se eerste en laate wind. Dit sou die missing link tussen wetenskap en teologie kon wees, wie weet. watter soort blommetjie is jy?
|
|
|
| Nope, |
| deur Duvie, 2010-07-20 23:32:20 |
|
Twyfel, ek glo dit is die link tussen realiteit en 'n sprokies verhaal, dit is net my weergawe. 'n Rhododendron.
|
|
|
| e |
| deur loli, 2010-07-21 00:45:20 |
|
jy sê dieselfde maar met ander woorde. drink jy klipdrift met eish? (die onderskrif van koek is met eish, ja met eish)
|
|
|
| Brannas |
| deur Duvie, 2010-07-21 01:09:45 |
|
Jy is reg, miskien se ek dit in ander woorde maar in dieselfde lig al is die lig aan en niemand tuis nie is die konteks dieselfde net in 'n ander sin, want alles maak sin as 'n sin ander man s'n is, is die sinloos? Alhoewel dit uit een sin bestaan maak dit geen sin nie, so dit maak die wereld onsin? Of myne en joune en die res van die mensdom waarby sommige slim is, en nie dom nie watwou van mensdom?. Wat dan hele aarde Ons s'n maak, en dit my liefste Loli, is nie onsin nie. Brannas en dies meer, noravok. Ek skyt eerder in my broek. Alhoewel ek 'n koue bier of 'n glas wyn sal geniet - goed vir die hart jy weet.
|
|
|
Gaan terug na die voorblad.
| Begin by |
| deur johann, 2010-07-20 05:13:02 |
|
. . die basiese dinge alledaagse dinge: Wat is tyd? Wat is gedagtes?
|
|
|
| TYD |
| deur Kali, 2010-07-20 05:24:08 |
|
Jip tyd is een van die belangrikste faktore tot op hede. Alles vat tyd. Dis tyd vir opstaan en eet en gaan slaap. dis tyd vir payday. tyd is orals en altyd daar, en soms het jy nie tyd nie,soos vir die buurvrou se geskinner, maar die selfde tyd het jy tyd om die hondekos te gee. so hoe werk die tyd issue? dis soos die Uno, as die tyd uit is, is daar akkies. veral met die drop van die clutch en die robot, dit verg ook om in tyd te wees, te vroeg en jy is n aap, te laat en jy sien rooiligte, tydsberekening is belangrik.dis soos albert se realiteids storie. as jy en die bokkie klik en sy sit haar hand op jou been in die movie, vlieg tyd, al is die movie 90 min lank. 10 jaar later en sy vertel jou n storie en dit vat 10 min, is dit moerse langtyd. dis ssos om jou hand op n warm plaat te sit vir 5 sekondes, dit brand erg en voel soos n leeftyd, maar nie so lank soos toe bokkie haar hand op jou bene gesit het nie.dis soos om die brannas en coke te kyk, die glas word leeg en die dis tyd vir n varse. verf vat ook tyd om droog te word, en soms as jy na die familie luister is dit soos om na verf te kyk wat droog word, die tyd wil nie verby gaan nie. die hubley borrel net reg en dis tyd om te ontspan. en so kom my tyd ook aan n einde.Ek kan nog biae praat oor tyd, maar dis vir eers genoeg.
|
|
|
| Tyd is relevant... Materie is Koeksisters! |
| deur Duvie, 2010-07-21 01:11:47 |
|
"Jip tyd is een van die belangrikste faktore tot op hede" Nee nee, die enigste faktor is die ves, besie wat vasgenael is teen my motor se voorruit! Dit is 'n "Fucked-Tor".
|
|
|
| tyd |
| deur johann, 2010-07-21 06:37:58 |
|
Ek sien jy noem 3 dinge oor tyd, tyd het rigting - gaan altyd die toekoms in en nooit in die verlede nie. 2 Tyd is funksioneel om afsprake na te kom en enjins presies te laat werk en jou dag te begin en te eindig. 3 mens ervaar dat tyd met verskillende spoede trek, wat blykbaar te doen het met jou metabolisme, hoe vinniger die metabolisme hoe stadiger voel tyd en anders om. Ander ouens het ook dinge oor tyd gesê- John Weeler : tyd is dit wat alles keer om nie terselfde tyd te gebeur nie. en 'n ander ou: die psige van die mens is soos 'n prisma vir lig. Die prisma versprei lig in verskillende golflengtes, sodat ons kan sien waar uit lig bestaan of die orede daarvan, so versprei die psige "realiteit" uit in tyd van oggend tot aand of bewusyn tot die dood. ek het uit tyd gehardloop
|
|
|
Gaan terug na die voorblad.
|
|
Onlangse besoekers: Anoniemkrabbel Kom klets saam met ons!
| Ouer Voorblad Artikels |
Maandag, 30 Aug:
buurman (jeanetteb)
Maandag (johann)
Saterdag, 28 Aug:
Sabbatdag (johann)
Vrydag, 27 Aug:
Haai oe! (loli)
Donderdag, 26 Aug:
Vry dag! (johann)
grappie (tone001)
Woensdag, 25 Aug:
Kennis v goed en kwaad? (johann)
Will Durant het gesê: (krabbel)
Doodse stilte (Lydia)
Maandag, 23 Aug:
Is daar dalk (johann)
Sondag, 22 Aug:
Wyse woorde (DaisyD)
Hoe onderskei en hanteer (Lydia)
hoekom (tone001)
Vrydag, 20 Aug:
Vrydae (Lydia)
Woensdag, 18 Aug:
Hoes (Oom_Jan)
Tipies dogtertjie (Lydia)
Dinsdag, 17 Aug:
Pragtige vrou (Oom_Jan)
Rolbos (Oom_Jan)
Lee woorde (Lydia)
Sondag, 15 Aug:
My eerste kuiertjie by die koeksistertafel (karee)
Meer...
|
|