|
|
| Engrish |
| deur loli, 19 Julie 2010, 07:49:37 |
|
Ek bly in Holland op die oomblik. Dis somer, dis tyd vir toeriste en toeriste wil ook partykeer roomys eet. Veral by die plek wat die beste italiaanse roomys in die stad verkoop (trust me, dis lekker roomys!) Roomys-girlie: 'How much balls do you want?' Klant: 'Two please'.
|
|
|
Gaan terug na die voorblad. Kommentaar:
| Nou die dag |
| deur johann, 2010-07-20 05:37:43 |
|
. . kom hier 'n egte regte hollander hier aan en ek dink sy woon in die dorp en sy vertel my toe met alle eerbaarheid dat Afrikaans se taal ou woorde gebruik, ( vandag gebruik iemand die woord "movies" soos in " dis 'n moviese groot . . ." En ek dink dis darem 'n ou woord, en toe ek nou jou stukkie lees toe wonder ek of die nuwe woorde al die afriengels of engrish woorde insluit, ons het geleer dis anglisismes, en al was dit dieselfde woord in Frans, as dit na 'n engelse woord geklink het was dis 'n anglisisme, so keijoel nederlands van die anglisismes?
|
|
|
| hollanders |
| deur loli, 2010-07-20 14:08:51 |
|
Hollanders is nie so goed daarin nie. Hulle spreek die Engelse woord verkeerd uit in elk geval. Moderne Afrikaans het invloede van Engels, maar ek's gebore in die eighties en het in die nineties in SA gebly, toe was dit baie 'cool' om jou taal te meng en jou jufrou die horries te gee. Maar ek's basies tweetalig en registreer myself as 'n 'native English speaker' (omdat ek dan nooit 'n 'proof of proficiency in English' hoef te oorhandig nie). Ek is net moeg vir hulle wat Afrikaans 'n 'grappige' (oftewel cute) taaltjie noem. Die Hollandse grammatika is hopeloos ouderwets, en wat hulle nie verstaan nie is dat Afrikaners se taalgebruik soveel anders is as hulle s'n. Ons worry nie oor ingewikkelde grammatika of 'puur' taal nie, ons sê ons ding soos ons dit wil sê. Al wat hulle eintlik wil sê is dat Afrikaans minderwaardig is aan Hollands. Dis seker hoekom daar in verhouding soveel meer wêreldberoemde Afrikaner kreatiewelinge is as Hollanders, dis seker hoekom al die Hollanders swymel oor Ingrid Jonker. Whatever man, I'm in your country, eating your cheese and kicking your natives' asses. Nou die dag was ek by Jack Parow wat in Rotterdam opgetree het (MOES net die ding gaan sien). Die Hollanders het hom woes gelaaik maar het nie 'n woord verstaan van wat hy rap nie. Een outjie in die crowd het iewers iets verkeerd gehoor en verstaan, want hy staan daar en skree 'voetseks voetseks'. Ek dink hy't die woord 'voertsek' iewers gehoor, die ding soos 'n Hollander geinterpreteer en nie heeltemaal verstaan dat jy nie vir die ou wie jy so graag wil sien optree 'voertsek' moet skree nie.
|
|
|
| Dankie |
| deur johann, 2010-07-21 07:22:21 |
|
vir die inligting, ek weet nie veel van die Hollanders se kultuur nie, maar dat hulle met hul taal bedreig voel het ek nooit eers gedink nie, ek weet die Duitsers is nogal gedetermineerd om hul taal te laat geld daar in europa, miskien sien hulle die hollanders ook as 'n klein grapige volkie en vandaar die bedreiging of dink jy dat VSA en die engelse die hollanders bedreig?
|
|
|
| . |
| deur loli, 2010-07-22 06:02:14 |
|
hulle was eerder bedreig deur die Franse. Lank gelede, in die tyd van Napoleon. Die probleem is nie regtig dat hulle bedreig voel nie, maar dat hulle die ander taal nie goed genoeg beheers om dit in hulle eie taalgebruik in te voeg nie. Daar is 'n paar ''leenwoorde' maar hulle spreek dit verkeerd uit. Baiekeer is dit vak-taal.
|
|
|
Gaan terug na die voorblad.
|
|
Onlangse besoekers: Anoniem Kom klets saam met ons!
| Ouer Voorblad Artikels |
Maandag, 30 Aug:
buurman (jeanetteb)
Maandag (johann)
Saterdag, 28 Aug:
Sabbatdag (johann)
Vrydag, 27 Aug:
Haai oe! (loli)
Donderdag, 26 Aug:
Vry dag! (johann)
grappie (tone001)
Woensdag, 25 Aug:
Kennis v goed en kwaad? (johann)
Will Durant het gesê: (krabbel)
Doodse stilte (Lydia)
Maandag, 23 Aug:
Is daar dalk (johann)
Sondag, 22 Aug:
Wyse woorde (DaisyD)
Hoe onderskei en hanteer (Lydia)
hoekom (tone001)
Vrydag, 20 Aug:
Vrydae (Lydia)
Woensdag, 18 Aug:
Hoes (Oom_Jan)
Tipies dogtertjie (Lydia)
Dinsdag, 17 Aug:
Pragtige vrou (Oom_Jan)
Rolbos (Oom_Jan)
Lee woorde (Lydia)
Sondag, 15 Aug:
My eerste kuiertjie by die koeksistertafel (karee)
Meer...
|
|