logo
Veg vir Afrikaans!

snuif, gmfff, snif...
deur phantom, 21 Julie 2010, 02:06:58

Ja'k kom nou van dok af. Brongitis, erge graad. Longe pyn. Week afgeboek, antibiotika, pynpille, rus. Ia, dis sleg - veral oor dit so flokken koud is in hierdie woonstel. Voel kompleet of die mure nat klip is. My warmwater sak rus op my voete. (Nee, niks so romanties soos n groot gemmerkat nie!!!!!!!) Ek voel so shit. Probeer kop hou met Duvie en Loli en Johann se letterkundige werke, maar my kop kan nie daai kop nie. Sal weer anderdag probeer. Joe ek het darem jou maraai en wie nou weer, gatiep(?), se gediggie uitermatig baie geniet. Ek voel so minderwaardig, veral noudat my kop so pyn, teenoor hierdie letterkundige guru's, ek is sommer dankbaar as daar iets is wat ek ook verstaan. Ek wens net daar was melkpap of sop in my maag, want 2 minute noedels is nou nie meer snaaks nie. Selfs nie met n blikkie salm ingemeng nie. Die salm is n oorblyfsel van amper n jaar gelede se geluk, toe geluk nog geluk was en ek nog nie n phantom was nie. Gaan nou slaap, of soos hulle op facebook se dux.

Lewer kommentaar

Gaan terug na die voorblad.

Kommentaar:

heater sal help
deur rolbos, 2010-07-21 04:31:46

...Kry vir jou n heater, dis regtig n koue winter hierdie, en koue woonstelle gaan nou regtig nie n brongitis regkry nie. Moet dan net nie buite toe gaan nie, natuurlik. Klink of jy alleen bly? Hopelik hoef jy nie uit te gaan om jou noedels te gaan koop nie? Sterkte, en ja...welkom by die Koek.

Lewer kommentaar

Onlangse besoekers:

  • Anoniem

    Kom klets saam met ons!

    Teken in
    Naam:
    Paswoord:
     
    Join die klub!
    Password vergeet?
    Benodig aktiveringskode?

    Artikels
    Soek artikel:
     
    Skryf 'n artikel

    Verwyderde Boodskappe
    Wie skryf die meeste?

    Ouer Voorblad Artikels
    Maandag, 30 Aug:
    buurman (jeanetteb)
    Maandag (johann)

    Saterdag, 28 Aug:
    Sabbatdag (johann)

    Vrydag, 27 Aug:
    Haai oe! (loli)

    Donderdag, 26 Aug:
    Vry dag! (johann)
    grappie (tone001)

    Woensdag, 25 Aug:
    Kennis v goed en kwaad? (johann)
    Will Durant het gesê: (krabbel)
    Doodse stilte (Lydia)

    Maandag, 23 Aug:
    Is daar dalk (johann)

    Sondag, 22 Aug:
    Wyse woorde (DaisyD)
    Hoe onderskei en hanteer (Lydia)
    hoekom (tone001)

    Vrydag, 20 Aug:
    Vrydae (Lydia)

    Woensdag, 18 Aug:
    Hoes (Oom_Jan)
    Tipies dogtertjie (Lydia)

    Dinsdag, 17 Aug:
    Pragtige vrou (Oom_Jan)
    Rolbos (Oom_Jan)
    Lee woorde (Lydia)

    Sondag, 15 Aug:
    My eerste kuiertjie by die koeksistertafel (karee)

    Meer...

    Meningspeiling
    Is dit...

    (219)67%
    (81)25%
    (24)7%

    Links
    Privaatheidsbeleid
    Musiek
    Nuus
    Reëls

  • kopiereg 2000-2010 wetenskapklub 356752 besoeke sedert 2001.01.01 Laas verander op 2010.05.17