ai ai ai....wat `n jaar...ups and downs al die pad vir my. Was so positief oor hierdie jaar, het vas geglo dit gaan my beste jaar ooit wees en dat alles net gaan reg loop...maar helaas, toe nou nie.
Einde Februarie besluit manlief dis nou genoeg en trek uit die huis uit, ons gaan skei.
Op 9 Maart is een van my beste vriende by die werk in `n ernstige motor ongeluk betrokke, sterf die 11de April, vreeslik hartseer, min wetend wat nog vir my voorle.
Op 9 April is my eie hartediefie, net 6 en `n half jaar oud, in `n fratsongeluk oorlede, kan nou nog nie glo dat hy net so weg is nie, in my arms gesterf en dis die ergste ergste erg wat enigeen kan beleef.
Dis soos om deur golwe rondgegooi te word en vashou plek te soek maar dit nie te kan vind nie, my woede teenoor die Here en almal was iets vreesliks, maar dis nou net meer as 3 maande later en die woede is weg, net die vreeslikste seer wat oorbly...al die wou nogs, die sou nogs en die gaan nooit gebeur nie...dis al wat oorbly.
1 Hoogtepunt, my oudste seun het uiteindelik na sy soveelste probeerslag sy bestuurslisensie gekry...`n skrale troos teenoor alles wat ons moes beleef tot dusver, maar dit gee tog hoop dat dit nie slegter kan gaan nie en dat daar wel `n Here is wat ons deur alles dra en sterk hou.
;-(