logo
Laat ek jou wys waar Dawid die wortels gegrawe het

2010
deur Lydia, 21 Julie 2010, 05:29:14

ai ai ai....wat `n jaar...ups and downs al die pad vir my. Was so positief oor hierdie jaar, het vas geglo dit gaan my beste jaar ooit wees en dat alles net gaan reg loop...maar helaas, toe nou nie.

Einde Februarie besluit manlief dis nou genoeg en trek uit die huis uit, ons gaan skei.

Op 9 Maart is een van my beste vriende by die werk in `n ernstige motor ongeluk betrokke, sterf die 11de April, vreeslik hartseer, min wetend wat nog vir my voorle.

Op 9 April is my eie hartediefie, net 6 en `n half jaar oud, in `n fratsongeluk oorlede, kan nou nog nie glo dat hy net so weg is nie, in my arms gesterf en dis die ergste ergste erg wat enigeen kan beleef.

Dis soos om deur golwe rondgegooi te word en vashou plek te soek maar dit nie te kan vind nie, my woede teenoor die Here en almal was iets vreesliks, maar dis nou net meer as 3 maande later en die woede is weg, net die vreeslikste seer wat oorbly...al die wou nogs, die sou nogs en die gaan nooit gebeur nie...dis al wat oorbly.

1 Hoogtepunt, my oudste seun het uiteindelik na sy soveelste probeerslag sy bestuurslisensie gekry...`n skrale troos teenoor alles wat ons moes beleef tot dusver, maar dit gee tog hoop dat dit nie slegter kan gaan nie en dat daar wel `n Here is wat ons deur alles dra en sterk hou.

;-(

Lewer kommentaar

Gaan terug na die voorblad.

Kommentaar:

Ai Lydia..............
deur Joe4, 2010-07-21 06:33:49

......... wat kan mens sê? Niks wat mens sê kan werklik jou hartseer verlig nie. Dit is darem vreeslik baie vir een persoon om te dra. Maar lyk of jy heel anderkant uitgekom het. Ek weet darem al 'n ruk van jou groot verlies en ek dink baie aan jou en het gehoop dat jy weer hier by Koek sal opdaag. Hoop jy kom gesels nou weer gereeld.
Lekker bly en sterkte. As jy af en toe wil gesels. My skouers is breed.

Joe

Lewer kommentaar
Dankie Joe
deur Lydia, 2010-07-22 00:43:13

wat kan mens eintlik se ne? Ek huil maar in my binnekamer, na buite lyk als okay,al wil mens soms nie aangaan nie het ons nie juis veel van `n keuse nie...kan net met dankbaarheid in my hart se dankie dat my moesiekind nog leef, want dit was so amper of albei was weg...en sy is die rede dat ek aangaan.

En ja, ek sal meer gereeld hier begin kuier al is dit net om my hart uit te praat oor my seer en laat een (@$@&$(*@& opmerkings daar oor maak...dis my hart en my storie en klaar!

Goed gaan hoor!

Lewer kommentaar
Ek wens eintlik
deur johann, 2010-07-22 05:35:07

. . daar was regtig iets om te sê, teen die tyd van die menselike ontwikkeling, en al die kennis en geskiedenis en ons menslike doen en late - moes daar nie al iemand opgestaan en iets sê soos "0K my tjinas ek sê julle wat- ek sal julle red, kom ek verduidelik aan julle hoe die dinge werk dat julle gelukkig kan wees en sien dat die aardse lewe 'n geskenk is, 'n avontuur, 'n reis, vol van liefde, intriges, plotte, wat jul verstande to bowe gaan, en ek sal julle vertroos. . .

Dink jy ken die storie. Die enigste reis wat ons kan maak is die reis na binne - binne dit wat ons onsself noem en waar die pyn lê en dan ons kruisie gaan neerlê en die self verloën

en nou moet ek gaan drank optel en karwei skryf weer later

Lewer kommentaar
Stem saam
deur Lydia, 2010-07-23 03:25:04

ongelukkig is ons op ons eie oorgelaat en moet ons al die dinge self uitfigure...en soms op `n baie harde manier.

Lewer kommentaar
Gaan terug na die voorblad.
ai
deur loli, 2010-07-23 04:47:40

sterkte met als

Lewer kommentaar

Onlangse besoekers:

  • Anoniem

    Kom klets saam met ons!

    Teken in
    Naam:
    Paswoord:
     
    Join die klub!
    Password vergeet?
    Benodig aktiveringskode?

    Artikels
    Soek artikel:
     
    Skryf 'n artikel

    Verwyderde Boodskappe
    Wie skryf die meeste?

    Ouer Voorblad Artikels
    Maandag, 30 Aug:
    buurman (jeanetteb)
    Maandag (johann)

    Saterdag, 28 Aug:
    Sabbatdag (johann)

    Vrydag, 27 Aug:
    Haai oe! (loli)

    Donderdag, 26 Aug:
    Vry dag! (johann)
    grappie (tone001)

    Woensdag, 25 Aug:
    Kennis v goed en kwaad? (johann)
    Will Durant het gesê: (krabbel)
    Doodse stilte (Lydia)

    Maandag, 23 Aug:
    Is daar dalk (johann)

    Sondag, 22 Aug:
    Wyse woorde (DaisyD)
    Hoe onderskei en hanteer (Lydia)
    hoekom (tone001)

    Vrydag, 20 Aug:
    Vrydae (Lydia)

    Woensdag, 18 Aug:
    Hoes (Oom_Jan)
    Tipies dogtertjie (Lydia)

    Dinsdag, 17 Aug:
    Pragtige vrou (Oom_Jan)
    Rolbos (Oom_Jan)
    Lee woorde (Lydia)

    Sondag, 15 Aug:
    My eerste kuiertjie by die koeksistertafel (karee)

    Meer...

    Meningspeiling
    Is dit...

    (219)67%
    (81)25%
    (24)7%

    Links
    Privaatheidsbeleid
    Musiek
    Nuus
    Reëls

  • kopiereg 2000-2010 wetenskapklub 356752 besoeke sedert 2001.01.01 Laas verander op 2010.05.17