Koeksuster is 'n algemene forum vir alle Suid-Afrikaners en enige onderwerp is aanvaarbaar vir bespreking, solank jy by die volgende reels hou.
Dis maar die standaard "Terms and Conditions" wat jy op meeste webtuistes sien. Dit is vervelig, maar lees dit asb, want dit gaan toegepas word.
Deur op Koeksuster te registreer en te gebruik, dui jy aan dat jy met hierdie reels saamstem. As jy nie met hierdie reels saamstem nie, moenie Koeksuster gebruik nie. (Daar is verskeie ander Afrikaanse forums op die Internet waarby jy kan aansluit.)
In hierdie bladsy beteken "KS" Koeksuster oftewel www.koeksuster.com.
Reel 1 is die belangrikste - as jy by reel 1 hou is die res amper nie eers nodig nie.
KS bied sy diens op 'n "soos dit is" / "voetstoots" basis aan. Geen waarborg word aangebeid nie. Gebruik op jou eie risiko.
KS is 'n publieke forum met anonieme verbruikers en daarom kan KS en sy betrokke persone, insluitende moderators, nie beheer watse inhoud op KS geplaas word nie, en bied dus geen waarborg dat enige inhoud op KS aan enige vereistes of gehalte voldoen nie.
Jy stem saam dat enige inligting wat op KS geplaas word, die opinie en verantwoordelikheid van die betrokke verbruiker of derde party is wat dit opgelaai het. Jy alleen is verantwoordelik vir enige inligting wat jy beskikbaar maak op KS of enige van KS se dienste, en KS sal nie aanspreeklik gehou word nie.
KS is nie verantwoordelik of aanspreeklik vir enige verlies of skade, direk of indirek, aangedoen deur die gebruik van die diens nie. Jy spreek KS en sy betrokke persone vry van enige verlies, kostes, eise wat mag ontstaan a.g.v. gebruik of misbruik van die diens.
Deur op KS te registreer, dui jy aan dat jy minstens 18 jaar oud is, dat jy met hierdie reels saamstem, en erken jy dat jou persoonlike inligting waar, akkuraat en op datum is. As KS vermoed dat jou inligting vals of onvolledig is het, behou ons die reg om jou rekord te verwyder sonder waarskuwing of kennisgewing en om jou te verbied om die diens weer te gebruik.
Jy is alleen daarvoor verantwoordelik om jou registrasieinligting privaat te hou.
Die inligting wat KS van jou sal vra om aan te sluit is onder andere:
Openbare inligting:
- jou gebruikersnaam, soos vertoon sal word aan ander lede
- jou geslag
- jou land / plek van woning
Privaat inligting (word nerens op KS vertoon nie):
- jou wagwoord
- jou regte naam
- jou e-pos adres (word slegs gebruik vir aktiveringsdoeleindes of om belangrike nuus aan te kondig)
Jou registrasieinligting is privaat. KS wys slegs die "user naam" waarmee jy registreer. Jou regte naam en email adres word nie iewers vertoon nie en sal nooit verkoop word of aan ander partye verskaf word nie, tensy dit deur regsgesag vereis word.
Dit is jou verantwoordelikheid om jou persoonlike inligting privaat te hou. Moenie jou wagwoord, regte naam, adres of telefoonnommer op die openbare forum bekend maak nie.
KS stoor "cookies" in jou web browser as jy inteken. Jy bly altyd ingeteken totdat jy self uitlog. Wees dus versigtig as jy KS op 'n publieke rekenaar besoek -- onthou om uit te teken.
Geen vetroulike inligting word in die "cookies" gestoor nie, net jou user naam en ander onidentifiseerbare inligting. As jy nie daarvan hou dat webtuistes "cookies" in jou browser stoor nie, sal jy nie by KS kan inlog nie.
KS sal jou nooit kontak om jou vir persoonlike inligting te vra nie, so moenie iemand glo wat jou email of bel namens KS nie.
As jy geblokkeer/geban word a.g.v. swak gedrag behou ons die reg om van jou inligting, b.v. jou user naam, IP adres en "ISP", bekend te maak aan ander lede, veral as 'n IP-ban ander lede ook kan beinvloed. Met ander woorde, as 'n verbruiker geblokkeer word omdat sy/haar IP adres van dieselfde netwerk/ISP as 'n ander geblokkeerde persoon is, sal die oorspronklike persoon se naam gewys word as deel van die rede vir die blok.
KS is 'n vriendelike forum, maar geen verbreking van hierdie reels, slegte gedrag, of misbruik van enige aard sal geduld word nie.
Jy stem saam om nie KS te gebruik vir die volgende nie:
(a) om nie enige materiaal/inligting wat onwettig, skadelik, beledigend, dreigend, haatlik, rassisties, aanstootlik, vulgêr, indringend op mense se privaatheid, of eenvoudig onvriendelik is, op te laai of te stuur nie.
(b) jy mag nie 'n lid teister of "stalk" nie. Persoonlike dispute moet nie op KS geskik word nie. KS stel nie belang om as 'n derde party by privaat dispute betrokke te raak nie. Besoekers stel nie in jou persoonlike gevegte met ander lede belang nie.
(c) jy mag geen materiaal, insluitende foto's of teks, wat onder kopiereg, handelsmerk, handelsgeheime, patente of ander eiendomsregte beskerm is, op KS plaas of stuur nie. Meld dit asb aan as jy sien dat iemand materiaal pos wat onder kopiereg of ander beskerming is. Stuur asb die bewys van kopieregskending en volle besonderhede. Dit is jou verantwoordelikheid om genoeg bewys te lewer om die moderators te oortuig van die beskuldiging en die moderators kan kies om die beskuldiging te ignoreer as onvoldoende bewyse gelewer word.
(d) jy mag nie "junk mail", "spam" of "flood" boodskappe, of enige ander boodskappe plaas, wat dit moeilik of onaangenaam maak vir ander verbruikers om die webtuiste te gebruik nie.
(e) jy mag nie advertensies plaas sonder toestemming nie.
(f) jy mag nie enige teks/materiaal oplaai wat skadelik vir kinders kan wees, direk of indirek na kinderpornografie verwys, of met kinders kommunikeer of uitlok nie. Jy mag nie materiaal oplaai wat verwys na onsedelike seksuele dade nie.
(g) jy mag nie voorgee jy is iemand anders, onder andere maar nie beperk tot, 'n KS lid of moderator, of valslik voor te gee dat jy verwant of betrokke is by enige persoon of entiteit nie.
(h) jy mag nie verskeie name/persoonlikhede registreer nie, b.v. met die doel om met jouself te stry, gesprek te voer, of getwis te veroorsaak nie.
A.g.v. aanhoudende misbruik het dit ongelukkig noodsaaklik geword om die forum te modereer. Moderators het die reg, maar nie 'n verpligting nie, om die forum van tyd tot tyd te monitor en op te tree soos nodig om die reels toe te pas. KS onderneem om aanstootlike materiaal volgens hierdie reels te verwyder, maar dit is nie altyd moontlik om by te bly nie, en KS bied dus geen waarborg nie.
Moderators sal boodskappe verwyder of verbruikers blokkeer soos hulle nodig vind en hulle besluit is finaal. Hoe hulle die reels interpreteer is hulle eie besluit. As jy nie met 'n moderator se besluit saamstem nie, jammer, ons stel nie belang om daarvan te hoor nie.
As jy 'n lid verdedig wat voorheen geblokkeer was, of die moderators se redes vir die blokkering bevraagteken, mag jy ook geblokkeer word omdat dit dan voorkom asof dit dieselfde persoon is.
Moderators word aangewys. Moenie vra om 'n moderator te wees nie.
Dit is soms moeilik om te sien of 'n beledigende/onvriendelike boodskap ernstig of as 'n grap bedoel was, daarom is dit moontlik dat 'n moderator dalk soms verkeerdelik 'n onskuldige persoon se boodskappe mag verwyder of blokkeer. Probeer dus asb om misverstande te voorkom deur nie onnodiglik agressief en vulgêr op te tree nie. Wees asb geduldig en probeer verstaan as dit lyk asof 'n moderator dalk onregverdig was. Dis regtig glad nie persoonlik nie, ons probeer net orde handhaaf.
Jy stem saam dat KS moderators onder sekere omstandighede, onder andere soos volgens die reels uiteengesit in hierdie bladsy, jou profiel en jou boodskappe mag verwyder sonder waarskuwing of kennisgewing, en/of jou netwerk IP adres mag blokkeer.
Jy mag ook self versoek dat jou profiel en/of boodskappe verwyder word.
Stop asb om Koeksuster te gebruik as jy nie hierdie reels aanvaar nie.
Hierdie reels sal mettertyd verander word soos nodig, sonder kennisgewing, en sal nooit heeltemal volledig kan wees nie, so kyk asb nou en dan weer hier.
Hierdie bladsy was laas verander op 2007-07-15.